‘Nie­mand lag meer vir ons’

Die Burger - - 15 -

Man­ches­ter U­ni­ted is nie meer die uil onder die kraaie in die En­gel­se P­re­mier­liga nie en moet weer erns­tig op­ge­neem word.

So het dié span se ver­de­di­ger P­hil Jones ge­sê nadat hul se­ge oor Ful­ham die af­ge­lo­pe na­week die Rooi Dui­wels tot op die vier­de plek op die P­re­mier­liga-pun­te­lys laat op­skuif het.

Vol­gens hom het hul waar­ne­men­de af­rig­ter, Ole Gun­nar Sol­skja­er, weer ’n po­si­tie­we in­ge­steld­heid by die span ge­ves­tig se­dert hy die lei­sels by José Mour­in­ho oor­ge­neem het. Hoe­wel hul­le nog nie die vol­tooi­de pro­duk is nie, glo Jones hul­le be­weeg in die reg­te rig­ting.

“Dit was moei­lik toe ons aan die be­gin van die sei­soen die on­der­werp van be­spot­ting was. Maar dis ge­wis nie meer die ge­val nie,” het Jones ná hul se­ge van 3-0 ge­sê.

“In ons laas­te tien of 12 wed­stry­de het ons ge­wys dat ons ’n span is wat erns­tig op­ge­neem be­hoort te word.”

Toe Sol­skja­er in De­sem­ber die span be­gin af­rig het, was U­ni­ted nog 11 liga­pun­te ag­ter die span in die vier­de plek.

Onder hom het hul­le eg­ter agt uit ne­ge li­ga­wed­stry­de ge­wen (een was ge­lyk­op) en in al­le kom­pe­ti­sies het hul­le in tien uit 11 ge­se­ë­vier.

Jones sê baie van dié on­lang­se suk­ses kan aan Sol­skja­er se af­rig­ting toe­ge­skryf word. Die groot vraag is na­tuur­lik of Sol­skja­er se aan­stel­ling per­ma­nent sal word.

■ U­ni­ted pak die Fran­se klub Paris Saint-Ger­main van­aand op Old Traf­ford in die eer­ste been van hul wed­stryd in die ron­de van 16 in die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.