Dané skit­ter wéér vir Pro­te­as

Die Burger - - 15 - Ti­nus van S­ta­den

’n Uit­mun­ten­de veel­sy­di­ge ver­to­ning deur sy be­sie­len­de kap­tein het die Pro­tea-vrou­e­krie­ket­span gis­ter tot ’n oor­win­ning met se­we lo­pies in sy eer­ste een­dag­wed­stryd teen Sri Lan­ka in Pot­chef­stroom aan­ge­voer.

Dané van Nie­kerk het haar eer­ste in­ter­na­si­o­na­le een­dag100-tal aan­ge­te­ken en haar span so­doen­de ge­help om ’n tel­ling van 225/7 in 48 boul­beur­te op te sta­pel.

Van Nie­kerk, wat op nr. 4 in­ge­stap het, se beurt van 102 het 117 bal­le in be­slag ge­neem en vyf vie­re en ’n ses in­ge­sluit. Sy is ver­le­de week as die Spe­ler van die Reeks in die T20-reeks aan­ge­wys, waar sy ook met uit­ste­ken­de kolf- en boul­ver­to­nings vo­ren­dag ge­kom het.

Sy is gis­ter goed by­ge­staan deur die 22-ja­ri­ge aan­vangs­kol­wer An­drie Steyn. Steyn het ’n beurt van 75 (100 bal­le; 5x4, 1x6) ge­speel.

Met die bal was Van Nie­kerk ook skit­te­rend. Sy het twee paal­tjies vir slegs 26 lo­pies in haar tien beur­te laat kan­tel.

Sri Lan­ka se S­hashi­ka­la Si­ri­war­de­ne (49, 56 b; 1x4) en Pra­sa­da­ni Weerak­ko­dy (47, 67 b; 6x4) het al­bei goeie beur­te ge­speel, maar die Pro­te­as se tel­ling was eenvoudig ’n berg te hoog om uit te klim – al het Sri Lan­ka teen die ein­de na­by aan die tei­ken ge­kom. Paal­tjies het met re­ël­maat deur die be­soe­kers se beurt ge­tui­mel.

Die Sri Lan­ka­ne het 218/9 in hul 48 beur­te be­reik.

Be­ne­wens Van Nie­kerk het Ma­sa­ba­ta Klaas goed ge­boul en drie paal­tjies vir 46 lo­pies in haar se­we boul­beur­te ge­ëis.

Die 21-ja­ri­ge Tu­mi Sek­hu­khu­ne het twee paal­tjies vir 33 lo­pies in haar tien beur­te plat­ge­trek. Die twee­de wed­stryd word Don­der­dag, ook in Pot­chef­stroom, be­slis.

Foto:­ GALLO­ IMAGES

Die Pro­tea-vrou­e­span se kap­tein, Dané van Nie­kerk, vier haar 100-tal in die eer­ste een­dag­wed­stryd gis­ter teen Sri Lan­ka in Pot­chef­stroom.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.