Ma­ha­raj hou a­sem op oor span

Die Burger - - 16 - Jo­hann de Ja­ger

’n Groot vraag voor die eer­ste toets teen Sri Lan­ka is of die Pro­te­as Woens­dag in Dur­ban gaan hou by die wen­re­sep van die af­ge­lo­pe toets­reeks teen Pa­ki­stan, deur wéér nie ’n er­ken­de draai­er te kies nie.

Die hot­klou-weg­breek­bou­ler Kes­hav Ma­ha­raj het nie in die laas­te twee toet­se teen Pa­ki­stan speel­kans ge­kry nie (die Pro­te­as het vier naat­bou­lers ge­kies) en brand om op sy tuis­veld, wat slegs sy twee­de toets­wed­stryd daar sal wees, te speel.

Ma­ha­raj (29) k­link dalk so bie­tjie na ’n ver­koops­man deur daar­op te wys dat Kings­me­ad nie meer die kolf­blad van ver­vloë dae het nie.

“Kings­me­ad is nie meer daar­die swaai- en vin­ni­ge bou­lers­blad van 15 tot 20 jaar ge­le­de nie. Die bal skiet nou be­dui­dend sta­di­ger deur as vroe­ër ja­re. Dit het dees­dae meer ’n spel van ge­duld hier ge­word.”

Hier­mee het hy daar­op ge­sin­speel dat ’n spe­si­a­lis-draai­er ’n móét in die Pro­te­as se fi­na­le elf­tal is.

Hy gee wel toe die “son kan die blad hard bak, wat dit vin­ni­ger as gewoonlik kan maak.”

Ma­ha­raj het er­ken hy het min van Sri Lan­ka se af­ge­lo­pe toets­reeks teen Aus­tra­lië te sie­ne ge­had.

Ná wat Mit­chell S­tarc en Pat Cum­mins daar ge­doen het aan die be­le­ër­de Sri Lan­kaan­se kol­wers, wat op­nuut uit­ge­dun hier aan­ge­kom het, sal die ver­soe­king groot wees vir die Suid-A­fri­kaan­se ring­kop­pe om met hul vier snel­lers te vol­hard.

Ma­ha­raj is dit eens dit het vrugte af­ge­werp teen Pa­ki­stan en dat die keur­ders “in die kol was daar­mee”.

Hoe­wel hy be­grip het dat se­ke­re keu­ses ge­maak word ge­dag­tig aan wie hul teen­stan­der is, is hy te verstane ook ge­frus­treerd daar­deur.

“Dit is ’n bie­tjie frus­tre­rend om weg­ge­laat te word wan­neer jy voel jy is op jou bes­te wat jou spel be­tref. Dis soos dit gaan in krie­ket en dis iets wat ’n be­roep­spe­ler te wag­te kan wees,” sê hy fi­lo­so­fies.

Hy hoop in­tus­sen sy kans sal kom en sê dat hy reg sal wees as daar op sy knop­pie ge­druk word.

Ma­ha­raj sê hy en die Pro­tea-af­rig­ter, Ot­tis Gib­son, en die span­be­stuur­der, Mo­ham­mad Moo­sa­jee, het ná die reeks teen Pa­ki­stan gaan sit en be­plan wat hy al­les moet doen om oor­ge­haal te bly in­dien hy be­no­dig sou word.

Hy was in sy nop­pies met die 56 boul­beur­te (2/217), wat hy in die Ca­pe Co­bras se kolf­beurt in die Dolphins se laas­te meer­dag­stryd in Pie­ter­ma­ritz­burg af­ge­stuur het.

“Ek het ge­luk­kig ’n lang boul­skof in­ge­kry, wat be­lang­rik is vir ’n draai­er, en ek het ook hard in net­te ge­werk. Ek dink ek is ho­pe­lik reg.”

Sri Lan­ka se e­nig­ste se­ge in 13 toet­se in Suid-A­fri­ka was in 2011 hoe­ka op Kings­me­ad in Dur­ban.

Die snel­bou­ler Mar­chant de Lan­ge het sy bui­ging met 7/81 in die ei­land­man­ne se eer­ste beurt ge­vier, maar die hot­klou-draai­er en Spe­ler van die Wed­stryd, Ran­ga­na He­rath, het met al­te­saam ne­ge paal­tjies die laas­te sê ge­had.

Kes­hav Ma­ha­raj

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.