Bulle staal hul­le vir ’n skru­maan­slag

Die Burger - - 16 - Co­bus Claas­sen T­re­vor Ny­a­ka­ne

Dit is so on­af­wend­baar soos beurtkrag: die S­tor­mers sál die Bulle Sa­ter­dag op Lof­tus Vers-feld in die skrums tei­ken wan­neer die span­ne in die Su­per­reeks ont­moet.

Die Kaap­se span het im­mers die luuk­se om in die twee­de helf­te die Springbok Frans Mal­her­be met nog ’n Bok-krag­man, Wil­co Louw, te ver­vang.

Aan die an­der kant van die skrum het die Bulle-stut T­re­vor Ny­a­ka­ne self ’n moei­li­ke af­spraak met die rooi kop-ys­ter S­te­ven Kits­hoff.

Vra jy Ny­a­ka­ne uit oor die voor­uit­sig, is hy heel fi­lo­so­fies.

“Rug­by is vreemd. Die een dag het jy die oor­hand in die skrums en die vol­gen­de is jy aan die ont­vang­kant.

“Ek weet nie of hul­le dink dit is ons swak­punt nie. Ons sal maar moet sien wat hul­le bring in die skrums.”

Die Bulle het van­jaar ’n nu­we skru­m­af­rig­ter, Daan Hu­man, en Ny­a­ka­ne is op­ge­won­de oor die nu­we aan­slag wat hy in wer­king stel.

“Daan is ’n goeie af­rig­ter en ons het al­mal ge­sien hoe goed hy by die C­hee­tahs ge­vaar het.

“Hy het ’n paar nu­we goed in­ge­bring waar­aan ons nie ge­woond was nie en ons werk daar­aan.

“Ons al­mal ge­niet dit en moet aan­pas by dit wat hy van ons ver­wag.”

Ny­a­ka­ne sê dit is nie net in die skrums waar die Bulle van­jaar meer be­sten­dig moet wees nie.

“As jy die kom­pe­ti­sie wil wen, moet jy week­liks op jou bes­te wees. Dit geld in al die af­de­lings van ons spel.”

Nadat die Bulle twee na­we­ke ge­le­de in die los­ma­ker teen die S­tor­mers in Kaap­stad ver­loor het, weet hul­le Sa­ter­dag sal ’n steil bult wees met die be­soe­kers se Spring­bok­ke wat dié keer in die be­gin­span sal wees.

“Fou­te het ons in daar­die wed­stryd duur te staan ge­kom. “Ons weet dit is iets wat ons moet uit­sor­teer.

“Die S­tor­mers is ’n span wat jou keer op keer gaan straf as jou dis­si­pli­ne nie goed is nie.”

Ny­a­ka­ne sal die sei­soen met sterk ver­to­nings in die Su­per­reeks sy plek in die Spring­bok­ke se Wê­reld­be­ker-groep moet oop­speel.

“Al­mal praat van die WB­toer­nooi, maar vir my gaan dit nou eers oor die Bulle.

“Die WB-toer­nooi kom la­ter en as die Bulle goed vaar, is jou kans be­ter om ge­kies te word. Ek is nie nou daar­oor be­kom­merd nie.”

Die Bulle is in­tus­sen op he­te ko­le oor die kuit­be­se­ring wat S­chalk B­rits Sa­ter­dag teen die Haaie in Bal­li­to op­ge­doen het.

Herman Rossouw, die Bulle se span­dok­ter, sê hul­le sal la­ter die week ’n be­sluit neem oor sy be­skik­baar­heid.

Die Bulle is reeds son­der Ja­co Vi­sa­gie (en­kel) en Ed­gar Ma­rut­lul­le (hak­se­ning), wat beteken dat die on­er­va­re Johan Grob­be­laar en Cor­niel Els Sa­ter­dag die ha­kers sal wees, sou B­rits ook nie kan speel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.