Ma­ties trap hul bu­re; Jhb-der­by uit­ge­stel

Die Burger - - 16 - S­te­phen Nell

Dis mos die Ma­roen Ma­sjien op sy bes­te!

Die Ma­ties het die I­keys gis­ter­aand in hul Var­si­ty­be­ker­rug­by­wed­stryd in Kaap­stad ge­na­de­loos met 66-5 weg­ge­bê­re.

Cor­nel Smit, die Ma­ties se puik bui­te­sen­ter, het ’n drie­kuns aan drieë aan­ge­te­ken in dié een­sy­di­ge stryd teen hul aarts­vy­and.

Dit was eg­ter die Ma­roen Ma­sjien se agt­ste­man, S­te­phan S­trei­cher, wat hom op die oom­blik van die wed­stryd kan roem.

Dié bie­lie van ’n los­voor­spe­ler het die helf­te van die veld langs die kant­lyn ge­na­el vir ’n drie wat ’n blik ge­bied het op die ver­skil tus­sen die span­ne. Ernst van R­hyn, wat al ’n ste­wi­ge do­sis Cur­rie­be­ker-rug­by vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­speel het, het ’n groot s­kep­pen­de hand in die drie ge­had.

Die S­tel­len­bos­sers was met die rus­tyd met 19-5 voor.

Er­va­ring teen­oor ’n ge­brek aan dis­si­pli­ne.

Dit was die ver­skil tus­sen die S­him­las en die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land in Bell­vil­le, skryf O­wen Kock.

Die be­soe­kers uit Bloem­fon­tein het die wed­stryd met 47-25 ge­wen en die nu­we­ling in die be­ker-kom­pe­ti­sie op sy baad­jie ge­gee.

Die S­him­las se kap­tein en se­we-flank, Hen­co P­re­to­ri­us, was aan die spits van sy span se oor­heer­sen­de ver­to­ning. Met ’n bie­tjie meer ge­luk en meer ge­dis­si­pli­neer­de spel, kon die nu­we­ling se tel­ling an­ders daar­uit ge­sien het.

Vir ’n meer ge­lyk­op eer­ste helf­te van rug­by kon daar nie ge­vra ge­wees het nie. Die span­ne was met rus­tyd kop-aan-kop, met die S­him­las ’n kort­kop voor met 21-20.

Die slot Si­ba Qo­ma het ook ’n uit­staan­de wed­stryd vir die S­him­las ge­had en so ook die sen­ter­paar, die Ey­bers-twee­ling

Kurt en Wil­li­am. Mar­nus Bos­hoff, die lin­ker­vleu­el, het twee van sy span se se­we drieë ge­druk. Hy was die Spe­ler van die Wed­stryd.

Die Bell­vil­le-span is be­slis nie een oor wie daar ge­loop gaan word nie. Hy het ge­wys hoe­kom hy die skild­reeks reeds twee keer ge­wen het, al het hy nie juis e­ni­ge be­drei­ging vir die S­him­las in­ge­hou nie.

Die span lyk na ’n goed af­ge­rig­te een, nou moet daar net aan sy dis­si­pli­ne ge­werk word.

Vir die tuis­span het die vleu­el Aidynn Cu­pi­do se on­der­skep­drie vir die mees­te op­win­ding ge­sorg, toe hy by­na 70 m ge­hard­loop het om te gaan druk.

Sy vleu­el­maat, An­dré Ma­nu­el, het self ’n bars­hou ge­speel. ■ In Jo­han­nes­burg het Wits sy wed­stryd teen die Ix­i­as van Bloem­fon­tein met 25-15 ge­wen in ’n stryd wat deur re­ën on­der­breek is.

Wim P­re­to­ri­us be­rig daar was te­leur­stel­ling in die UJ-sta­di­on toe die der­by tus­sen die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg en die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria

weens beurtkrag nie kon plaas­vind nie.

Die wed­stryd moes om 18:30 be­gin en daar is tot om 20:00 ge­wag voor­dat dit uit­ge­stel is.

Toe­skou­ers is ein­de­lik ge­vra om die sta­di­on te ver­laat vir hul eie vei­lig­heid.

Die span­ne pak me­kaaar van­dag om 14:00 in Jo­han­nes­burg. ■ Al die pun­te­ma­kers op Net­werk24.

Foto: JA­CO MA­RAIS

’n I­key-ver­de­di­ger pro­beer S­te­phan S­trei­cher, agt­ste­man van die Ma­ties, in sy spo­re stuit in gis­ter­aand se Var­si­ty­be­ker-wds­stryd in ’n win­de­ri­ge Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.