Ver­maak reg om Kits­hoff se skoe­ne te vul, glo hulp­brei­er

Die Burger - - 16 - S­te­phen Nell

Die S­tor­mers sal van­dag weet of hul Springbok-los­kop­stut, S­te­ven Kits­hoff, fiks sal wees vir Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Bulle, maar hul wê­reld sal nie in­me­kaar tui­mel son­der hom nie.

In­teen­deel, Rus­sell Win­ter, die Ka­pe­naars se voor­spe­ler-af­rig­ter, meen Lof­tus is net die reg­te ver­hoog vir Ali Ver­maak om te wys waar­toe hy in staat is.

“Dit sal ’n ver­lies wees as S­te­ven nie beskikbaar is nie, maar laat ek jou ver­tel dat Ali fan­tas­ties was in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker-reeks en reg­tig ’n ge­leent­heid ver­dien,” het Win­ter gis­ter ná die S­tor­mers se eer­ste oe­fe­ning van die week by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se Sen­trum vir Uit­ne­mend­heid in Bell­vil­le ge­sê.

“Ali was een van die WP se bes­te voor­spe­lers in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker-reeks. Hy gee sy hart en siel vir die span, is in murg en been ’n WP-seun, skrum sterk en is goed in die los. Ek hoop van har­te van­jaar is sy groot jaar,” voeg Win­ter by.

“Corné Fou­rie het ook van die Leeus af by ons aan­ge­sluit met ’n puik in­ge­steld­heid. Diep­te gaan van­jaar vir ons ’n groot bond­ge­noot wees.”

On­ge­ag Win­ter se woor­de sal dit moei­lik wees om die leem­te te vul wat straks deur Kits­hoff ge­laat gaan word nadat hy in die af­ge­lo­pe Vry­dag se vriend­skap­li­ke wed­stryd teen die Bo­land-Ka­va­liers sy dy­spier ver­rek het.

Die skrums was die een as­pek van die spel waar die S­tor­mers waar­skyn­lik op oor­heer­sing sou kon staat­maak teen die Bulle en son­der hom is dit min­der van ’n troef­kaart.

Iets wat die S­tor­mers se agt­tal wel sal aan­spoor, is die drag slae wat hul­le in ver­le­de jaar se ne­der­laag op Lof­tus ge­kry het.

“Op Lof­tus speel die Bulle se pak teen ’n in­ten­si­teit wat jy op toets­vlak kry. Ons agt­tal is reg daar­voor en het uit die ver­le­de ge­leer. Ver­le­de jaar was taai en ons pak gaan reg­tig spie­re moet bult vir ons om te kan wen,” sê Win­ter.

Win­ter ver­wag dat die Springbok-ha­ker S­chalk B­rits en -agt­ste­man Du­a­ne Ver­meu­len die Bulle aan­sien­lik gaan ver­sterk. Al­bei is oud-S­tor­mers.

“Die bo­nus met hul­le is dat al­bei baie er­va­ring van groot wed­stry­de het. Hul­le is puik spe­lers. Wan­neer die rug­graat van ’n span ter spra­ke kom, is die ha­ker en agt­ste­man ’n ui­ters be­lang­ri­ke deel daar­van,” sê hy.

“By­ge­sê het ons ook puik spe­lers en sien hul­le uit na die twee­stry­de.”

Win­ter meen nie veel kan ge­lees word in die S­tor­mers se on­lang­se se­ge oor die Bulle in die vriend­skap­li­ke wed­stryd in die Kaap­stad-sta­di­on nie.

“Ek dink nie hul­le het veel weg­ge­gee nie en dieselfde geld ons. Daar was wel oom­blik­ke van puik spel deur die Bulle en hul af­rig­ters doen baie goed. Hier­die na­week gaan an­ders wees. Daar gaan voor­langs ’n groot stryd woed.”

Rus­sell Win­ter

Ali Ver­maak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.