Ba­vi­aans­kloof, Brak­ke­dui­ne en die ui­ter­stes tus­sen­in

Die Burger - - 4 -

Waar is Brak­ke­dui­ne? “Wag en jul­le sal sien,” ant­woord Co­bus Bar­nard, die man van Volks­wa­gen Suid-A­fri­ka wat die Ba­vi­aans­kloof-na-Brak­ke­dui­ne-pad­toer saam­ge­stel het.

Ag­ter hom staan ne­ge A­ma­rok V6-voer­tuie. Ons is 18 sie­le wat die reis oor vlak­tes, ber­ge en da­le in hier­die vuur­wa­ens gaan aan­pak.

Die an­ker­pun­te van dié reis­plan is: Port E­li­za­beth, die Ba­vi­aans­kloof, Oudts­hoorn, Knys­na, Kaap St. Fran­cis, Brak­ke­dui­ne en dan te­rug na Port E­li­za­beth.

Dit is ’n roe­te wat jou oor en deur ui­ter­stes neem: snel­weë en si­trus­boor­de, berg­pas­se en nou klo­we, droog­te­ver­teer­de veld en in­heem­se kus­woud, swart­ge­bran­de aar­de en wui­wen­de gras­veld, half­woes­tyn en dui­ne­veld, bees en bob­be­jaan, gom­pou en geel­hout­boom, koe­doe, rib­bok, s­kil­pad – al­les só won­der­lik dat dit moei­lik was om weer by die “ge­wo­ne” le­we aan te pas.

Die eer­ste dag se roe­te neem ons deur die he­le Ba­vi­aans­kloof (in­gang Pa­ten­sie, uit­gang by Wil­low­mo­re) ver­by De Rust na Oudts­hoorn . . . meer as 400 km.

“Jul­le kan ook stil­hou vir foto’s,” sê Co­bus.

Sy toe­geef­lik­heid oor foto’s neem ver­baas my, want die Ba­vi­aans­kloof­pad (R102), ve­ral oor berg­pas­se en in die wil­der­nis-ge­bied, is ’n ril­ler. “Ons gaan nooit in een dag deur die kloof tot op Oudts­hoorn kom nie; dit gaan vir e­wig duur.”

Toe nie. Ons kom só be­tyds op Oudts­hoorn aan dat daar nog swem­tyd voor aand­e­te is. Nie om­dat die Ba­vi­aans­kloof nou met ’n eenvoudig fan­tas­tie­se pad spog nie, maar om­dat die ui­ter­ste de­le meer ry­baar ge­maak is en die A­ma­roks goed vas­trap. Tog bly dit ’n uit­da­ging om daar­deur te ry – ve­ral ná goeie re­ën.

My raad ná dié groot­se er­va­ring? Gee jou­self min­stens ’n Dié pas is gewoonlik ’n ge­sig van bos en dig­te plan­te­groei... week, maar liefs twee we­ke, om al­les van die Ba­vi­aans­kloof-naBrak­ke­dui­ne-roe­te ’n on­ver­geet­li­ke er­va­ring te maak. Pak jou ka­me­ra, sak­boe­kie, piek­niek­mand­jie en kam­peer­stoe­le ook in, want daar is baie plek­ke waar jy net sal wil sit en kyk. En kyk. Ons kon dit nie doen nie, want ons het net twee en ’n half dae ge­had.

Dag 1:

Port E­li­za­beth-Ba­vi­aans­kloof-Oudts­hoorn (404 km)

Uit Port E­li­za­beth ry ons met die N2 en neem die af­draai na Han­key (R331) na die oos­te­li­ke in­gang van die Ba­vi­aans­kloof. Al gou op

reg­ter­kant lê die Ber­g­ri­vier Eco Retre­at – ’n va­kan­sie­plaas met sy diep berg­poe­le en net die plek vir vo­ël­ky­kers, berg­klim­mers, voet­sla­ners en fiets­ry­ers. Hier kan jy selfs in ’n os­se­wa oor­nag.

Die pad loop ver­der ver­by die dor­pie Loe­rie en ná die af­draai na Loe­rie se NG kerk – wat el­ke jaar die Nar­tjie­fees aan­bied – sê ’n pad­bord “Be­dank ’n boer en sy wer­kers”. Dit is hoof­saak­lik si­tru­sen groen­te­wê­reld, maar jy kry nog groot de­le on­ge­rep­te na­tuur waar die eu­for­bia reg­op to­ring oor die in­heem­se bos.

An­der­kant die af­draai na die Koe­ke­pan-pad­stal en die Loe­rie­rus­kamp sê nog ’n pad­bord: “Lo­cal is lekker.”

Ja, dis lekker, hier­die roe­te in die Gam­toos­val­lei wat deur Loe­rie, Han­key en Pa­ten­sie, ver­by die Tol­bos-de­li-en-bis­tro, gas­te­hui­se, die Pad­langs-re­stau­rant, ten­te­kamp, self­sorg­kot­hui­se, kam­peer­ter­rei­ne, groen­te­lan­de en si­trus­boor­de na die Ba­vi­aans­kloof lei.

Wees la­ter aan die lin­ker­kant op die uit­kyk vir die bord­jie wat die af­draai na die Kou­ga­dam aan­dui as jy wil sien hoe lyk die dam wat in 1967 ge­bou is om be­sproei­ings­wa­ter aan die boe­re tot by die Gam­toos­mond, as­ook wa­ter aan Port E­li­za­beth, te voor­sien. Dis so­wat 7 km van die R331 na die dam. Van die dam af moet jy te­rug­ry na die R331 om by die Ba­vi­aans­kloof-toe­gangs­hek uit te kom. Geen hon­de word toe­ge­laat nie.

Hier be­tree jy ’n mens­ver­la­te wê­reld maar ’n na­tuur­pa­ra­dys waar jy onder meer die bos­bok, buf­fel, koe­doe, berg­rib­bok, rooi­har­te­bees, grys­bok, berg­kwag­ga, dui­ker en bob­be­jaan sal vind. Ses van Suid-A­fri­ka se se­we bi­o­me kom hier voor: fyn­bos, bos, gras­veld, suk­ku­len­te Ka­roo, sub­tro­pie­se ruig­tes en sa­van­na. Meer as 1 000 plant­spe­sies kom hier voor – ook die e­ri­ka- en pro­te­a­fa­mi­lie en oer­oue brood­boom­spe­sies.

Jy kan ook in­der­daad jou oë op­slaan na die ber­ge, naam­lik die Kou­ga- en Ba­vi­aans­kloof­ber­ge wat waak oor die kloof. Vir ie­mand soos ek met hoog­te­vrees, is dit klou en uit­hou (as pas­sa­sier) deur die haar­naald­boë van die Com­brinks-, Hol­gat-, en Gras­nek­pas, maar ’n mens kan nie an­ders as om jou oë op steel­tjies te hou vir die on­ge­rep­te na­tuur­prag nie.

Ont­hou, geen se­dan­mo­tor sal van Pa­ten­sie se kant deur die Ba­vi­aans­kloof se wil­der­nis­ge­bied kan kom nie – en die be­stuur­der van die vier­trek­voer­tuig moet wéét wat hy of sy doen, dié dat ek liefs pas­sa­sier ge­bly het.

Van Wil­low­mo­re se kant af kan be­soe­kers wel met ’n se­dan­mo­tor die 70 km se boer­de­ry- en gas­te­plaas­deel van die Ba­vi­aans­kloof bin­ne­ry.

Ons hou mid­dag­e­te-piek­niek by Geel­hout­bos, koop room­ys by die Ba­vi­jaans-pad­stal, ry via die Nu­we­kloof­pas uit die Ba­vi­aans­kloof­ge­bied, draai links by die U­ni­on­da­le-bord en la­ter weer regs by die Oudts­hoorn-Wil­low­mo­re-bord en steek deur na die N9 om la­ter op die R341 na De Rust af te draai. Mei­rings­poort lê op De Rust se voor­stoep, maar die tyd is te min. Ons neem die N12 ver­der na Oudts­hoorn.

Die aand, met die op­skep ty­dens die buf­fet-ete in die Pro­tea Ho­tel Riem­pie E­sta­te, ver­tel ’n stra­len­de S­weed­se toe­ris hoe sy uit­sien na haar hoe­veel­ste be­soek aan die Ba­vi­aans­kloof – én die Ad­do-o­li­fant­park. “Jul­le in Suid-A­fri­ka is ge­se­ënd met hier­die na­tuur-skat­te . . . so­veel ver­skei­den­heid.”

Van die men­se in ons groep wat die eer­ste keer die Ba­vi­aans­kloof be­leef, stem saam en sê hul­le sou graag baie meer tyd wou ge­had het om hier­die pa­ra­dys be­hoor­lik in te drink, daar­om gaan hul­le een­dag te­rug­kom.

Maar van wat­ter kant ook al (wes­te: Wil­low­mo­re-U­ni­on­da­le; oos­te: Han­key-Pa­ten­sie) jy die Ba­vi­aans­kloof aan­pak, doen dit net. Dit is ’n won­der­wê­reld vol na­tuur en a­von­tuur.

‘‘

Pak jou ka­me­ra, sak­boe­kie, piek­niek­mand­jie en kam­peer­stoe­le ook in, want daar is baie plek­ke waar jy net sal wil sit en kyk. En kyk.

Dag 2:

Oudts­hoorn-Knys­na-Kaap­St. Fran­cis (434 km)

Met Oudts­hoorn as ba­sis kan be­soe­kers ’n fees van kul­tuur, na­tuur en a­von­tuur op die dorp en in die om­lig­gen­de ge­bie­de be­leef – onder meer die Kan­go­grot­te, Die Hel, vol­struis­pla­se, be­ge­lei­de er­fe-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.