Bui­te

Die Burger - - 5 -

nis­stap­roe­tes, die C.P. Nel-mu­seum­kom­pleks en die Gam­ka- en Swart­berg-na­tuur­re­ser­vaat. Maar die reis­plan sê ons moet Knys­na toe.

Ons ry deur Dys­sels­dorp en ver­der suid op die Paar­de­poort­pas om te kom by die Mon­ta­gu­pas, wat oor die Ou­te­nie­kwa­ber­ge loop en by Ge­or­ge uit­kom.

Dit is ’n pas om­soom met bos en dig­te plan­te­groei, pa­no­ra­mie­se uit­sig­te en groen klo­we, maar dié keer ry ons deur ’n swart, kaal­ge­bran­de land­skap.

’n Som­ber­te om­vou ons, maar dan sien ons hoe die een va­ring ná die an­der met groen, krom rug­gies uit die swart­ge­bran­de aar­de op­staan. By die Ou Tol­huis, wat by­na heel­te­mal ver­woes is in die Ok­to­ber-bran­de, staan die mees­te va­rings se rû­ens al reg­op. Soos fe­nik­se uit die as.

Dis op­val­lend hoe­veel men­se hier stil­hou om te kyk na die uit­ge­bran­de mu­ra­sie van die his­to­rie­se ge­bou wat ty­dens die bou van die Mon­ta­gu­pas (1844 tot 1847) op­ge­rig is.

Hier ver­dryf die reuk van kof­fie en pan­ne­koek die som­ber­te van die brand­ska­de. Dit is die Vrien­de van die Tol­huis wat die ke­tel aan die kook en pan aan die bak hou vir be­soe­kers. Hier­mee sa­mel hul­le geld in om die ge­bou te re­stou­reer.

By Ge­or­ge neem ons die be­roem­de Se­we­pas­se­pad. Dit was voor die bou van die N2 die hoof­pad tus­sen Ge­or­ge en Knys­na. Dit sluit in­der­daad se­we pas­se in – die Kaai­mans­ri­vier-, Sil­wer­ri­vie­ren Tou­w­ri­vier­pas, en dan die Hoog­ek­ raal-, Ka­ra­ta­ra-, Hom­ti­nien P­han­tom­pas.

Dis ’n na­tuur­ry­ke roe­te wat die rei­si­ger deur die Ou­te­nie­kwa­ber­ge oor ri­vie­re en ver­by in­heem­se woud neem en deur ra­vy­ne kron­kel.

Die vol­gen­de stop­plek is Knys­na, waar die John Benn-re­stau­rant­boot vir ons wag. Ons vaar oor mid­dag­e­te uit na die Knys­na­kop­pe. Seil­bo­te maak wit spik­kels op die groot Knys­na­meer. Kin­ders swem, groot­men­se vang vis en an­der roei daar rond.

By R­hee­nen­dal, so­wat 15 km bui­te Knys­na, kan jy die ge­denk­steen van Da­le­ne Mat­thee, skry­wer van al die be­roem­de Bos-boe­ke, op K­ris­jan-se-Nek gaan be­soek. Twee stap­roe­tes, naam­lik die Krin­ge in ’n Bos-stap­roe­tes (3 km en 9 km), neem jou na die hart van die in­heem­se woud tus­sen geel­hout en reu­se­va­ring.

On­ge­luk­kig laat ons reis­plan nie ’n Da­le­ne Mat­thee-be­soek toe nie. Ons draai dus af na Ou Kaap­se Weg, wat ons uit Knys­na na die Gou­na­pad neem – dit sluit la­ter aan by die sui­de­li­ke ge­deel­te van die Prins Alf­red­pas, ook ’n mees­ter­werk deur die pad­bou­er T­ho­mas Bai­nes wat in 1867 vol­tooi is.

Hier­die 88 km lan­ge pas – een van die mooi­stes in Suid-A­fri­ka – ver­dien van be­gin tot ein­de ’n he­le dag se ver­ken­ning. Dié keer is dit ons nie be­sko­re nie, want ons ’n Won­der­wê­reld van in­heem­se woud be­groet jou wan­neer jy die Blou­krans­ri­vier oor­steek.

reis­plan sê suid­oos, rig­ting Kaap St. Fran­cis in die Oos-Kaap.

Maar voor­dat ons by Kaap St. Fran­cis uit­ge­kom het, het ons nog twee pas­se ge­ry – die Groot­ri­vier­pas, wat op die R102 uit die N2 uit­draai en jou deur Na­tu­re’s Val­ley oor die Groot­ri­vier tot an­der­kant oor die N2-snel­weg neem, waar dit dan uit­loop in die Blou­krans­pas, kron­ke­lend langs en oor die Blou­krans­ri­vier.

Jy ry ’n won­der­wê­reld van in­heem­se woud bin­ne, maar ry baie ver­sig­tig nadat jy die Blou­krans­ri­vier oor­ge­steek het, want in die Oos-Kaap word die pas feit­lik geen­sins in stand ge­hou nie. Rot­sen mod­der­stor­tings en/of bo­me wat om­ge­val het, het van dié ge­deel­te hoof­saak­lik ’n en­kel­baan ge­maak.

Selfs by die eind­punt van die pas aan die Oos-Kaap­se kant, is ’n grond­wal ge­stoot en ’n bord wat sê “Ro­ad Clo­sed”. Ons ry el­ke keer om dit, en baie an­der mo­to­ris­te ook – so wees op die uit­kyk vir ver­keer van voor!

Van hier ry ons reg­uit na die N2 en neem dit oos­waarts na Kaap St. Fran­cis, waar ons in die Ca­pe St. Fran­cis Re­sort tuis­gaan en ’n voor­tref­li­ke aand­e­te by die Joe Fish-re­stau­rant ge­niet.

Wéér die vraag: Waar is Brak­ke­dui­ne?

Co­bus glim­lag. “Na­by Oe­ster­baai. Ons gaan ’n bie­tjie speel in die dui­ne.”

Dag­ 3:­

Kaap­ St.­ Fran­cis-Brak­ke­dui­ne-Jef­freys­baai-Por­tE­li­za­beth(182­km)

Dit is so­wat 47 km van­af Kaap St. Fran­cis, ver­by Oe­ster­baai, na die Brak­ke­dui­ne-kam­peer­ter­rein en die dui­ne-4x4-roe­te.

Ter­wyl al die ban­de af­ge­blaas word vir die dui­ne-ry, kyk ek hoe ’n pa en sy kin­ders jil­lend by die wa­ter­gly­baan af­gly en met ’n groot plons in die groot K­lip­drift­dam ein­dig. Jin­ne, daar is ’n foe­fie­slaaid ook! Die kam­peert­er­rein is lekker boom­ryk.

Dít is dan nou die Brak­ke­dui­ne waar­van ons nie ge­weet het nie – ’n weg­ge­steek­te na­tuurj­u­weel waar men­se met staal­bors­ha­re kan 4x4 oor die 14 km-sir­kel­dui­ne­roe­te.

Ek sê staal­bors­ha­re, want jy moet kan kop­hou oor steil­tes wat voor- of ag­ter­wiel hoog in die lug vir dui­ne-ry.

hou en sand wat o­ral spat ter­wyl jy op die vas­ge­stel­de roe­te moet bly. (Laas­ge­noem­de is ’n streng voor­waar­de. Al­le 4x4-dui­ne­toe­re is onder be­ge­lei­ding.)

Vir ie­mand soos ek sal die wa­ter­sport en boek­lees onder die bo­me be­ter werk. Ek het da­rem so twee of drie rond­tes as pas­sa­sier saam­ge­ry. Dae daar­na het ek nog sand tus­sen my tan­de uit ge­vlos, maar ja, vir die erns­ti­ge vier­trek-en­toe­si­as bied Brak­ke­dui­ne ’n uit­da­ging van graad 3 tot 5.

Ná die opwindende og­gend by Brak­ke­dui­ne ry ons 47 km oos­waarts na Jef­freys­baai vir mid­dag­e­te by Die Wal­skip­per-strand­re­stau­rant met sy lief­li­ke uit­sig oor die see. Die see­kos is sa­lig, maar al­mal hou op eet toe ’n wal­vis hom som­mer dig­by blink­lyf uit die wa­ter gooi en in ’n skuim­boog te­rug­plons.

Dít glo ek was die uit­roep­te­ken aan die ein­de van ’n on­ver­geet­li­ke pad­toer deur ui­ter­ste land­skap­pe. In­der­daad is ons, soos die S­weed­se toe­ris ge­sê het, ge­se­ënd om in Suid-A­fri­ka te kan woon.

■­ ■­

Spoormaker,­ ’n­ vry­skut­joer­na­lis­van­ Port­ E­li­za­beth,­ was­ ’n­ gas­ vanVWSA­ se­ A­ma­rok­ D­ri­ving­ Ex­pe­rien­ce–­ Ba­vi­aans­kloof­ na­ Brak­ke­dui­ne.By­ko­men­de­ bron­ne: www.ba­vi­aans.net;www.ba­vi­aans.co.za;www.moun­tain­pas­ses­sout­h­a­fri­ca.co.za;www.oudts­hoorn.com;www.da­le­ne­mat­thee.co.za;www.nig­htjar­tra­vel.com;­ www.sa­ve­nues.com;www.wal­skip­per.co.za.

Hier­die ge­wes­te is dalk ’n mens­ver­la­te wê­reld, maar ’n na­tuur­pa­ra­dys.

Blaas die ban­de af

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.