Man met 1 000 sto­ries in sy kop

Die Burger - - 8 - Har­ry Kal­mer

Die skry­wer Har­ry Kal­mer, wat Vry­dag dood is, kon kwa­lik deur een be­roep ge­de­fi­ni­eer word. Hy was al­tyd aan die lees, her­lees en na­vors, on­ver­sa­dig­baar en by­na ob­ses­sief. Hy was die skry­wer van 26 to­neel­stuk­ke en ’n do­syn boe­ke, waar­van die ti­tels sing met ei­e­soor­ti­ge po­ë­sie, be­paald mo­dern én uit­da­gend, skryf S­chalk S­choom­bie. Nug­ter kyk son­der e­ni­ge oog­klap­pe

Drie jaar ge­le­de, op ’n skry­wers­par­ty, het Har­ry Kal­mer ’n paar woor­de met my ge­wis­sel. Hy was be­sig om sy ro­man ’n Dui­send sto­ries oor Jo­han­nes­burg in En­gels te ver­taal (met in­set­te van I­van Vla­dis­la­vic en Mi­cha­el Tit­le­stad) en dit was vir hom ’n lek­ker maar moei­sa­me pro­ses. Lek­ker om­dat hy die won­der en een­voud van woor­de her­ont­dek het. Dit was vir hom o­pen­ba­rend, het hy met kin­der­li­ke en­toe­si­as­me er­ken.

Dit het my ge­tref: le­wens­lank ’n woord­smid, ’n veel­be­kroon­de re­kla­me­man, dra­ma­turg, ro­man­sier, kort­ver­haal­skry­wer, es­say­is. En hy her­ont­dek laat in sy 50’s steeds die mag van woor­de en een­vou­dig skryf. Har­ry het dit laat klink as­of hy ’n be­lang­ri­ke deur­braak ge­maak het.

Die En­gel­se weer­ga­we, A T­hou­sand Ta­les of Jo­han­nes­burg (Pen­guin Rand­om Hou­se), is be­kroon met die Sun­day Ti­mes se Bar­ry Ron­ge-fik­sie­prys, en pryk op win­kel­rak­ke saam met sy jong­ste A­fri­kaan­se ro­man, In ’n land son­der vo­ëls (Pen­guin), ’n dis­to­pie wat in die na­bye toe­koms af­speel. K­link­kla­re be­wys van sy vlot twee­ta­lig­heid en ’n rus­te­lo­se ver­beel­ding.

26 to­neel­stuk­ke, ’n do­syn boe­ke. Die ti­tels sing met ei­e­soor­ti­ge po­ë­sie, be­paald mo­dern én uit­da­gend: Die waar­heid en an­der sto­ries (1989), X-Ray Vi­sa­gie en die vin­gers van God (1993), Die man met die der­tien kin­ders (1998), V­lie­ger en die ge­va­re van die c­lo­se dan­ce (2012), ’n bun­del nos­tal­gie­se ru­brie­ke vir MyTyd in Rap­port. In 2007 was En die lek­ker­ste deel van dood wees naas­wen­ner van die San­lam/In­sig Groot Ro­man­wed­stryd. Dit spreek al­les van­self.

In 1991 was my eer­ste on­der­houd vir De Kat met Har­ry, die ko­pie­skry­wer, vir ’n ar­ti­kel oor A­fri­kaan­se taal­men­se in die re­kla­me­be­dryf. Toe al was hy be­hep met die woord, slag­re­ëls, klin­gels, hoe woor­de vly­tig in­ge­span word om e­ni­ge pro­duk te ver­pak.

Maar Har­ry wou ook wy­er ge­sels, oor skry­wers, fi­lo­so­we en boe­ke waar­van ek niks ge­weet het nie, oor po­li­tiek, i­dees, denk­rig­tings. Hy het oor­ge­loop met kon­sep­te en ge­broei oor pro­jek­te. Een be­roep kon hom kwa­lik de­fi­ni­eer. La­ter sou hy in ’n ra­di­o­veld­tog vir dié glans­tyd­skrif met die on­ge­veins­de slag­re­ël vir Na­ta­ni­ël vo­ren­dag kom: “Koop net die bled­die ding!”

Lan­kal was ek be­wus van sy vin­ding­ry­ke ver­hoog­teks­te; die ma­gies-re­a­lis­tie­se An­tjie So­mers and I (1989), waar­in ’n skry­wer met ’n ka­rak­ter in haar boe­ke in ge­sprek tree, was ver­al vars en on­kon­ven­si­o­neel. Pro­sa het die weg be­rei vir eks­kur­sies in an­der gen­res soos dra­ma, ka­ba­ret (The Se­cret of my Ex­cess, 1992) en te­le­vi­sie.

Sy so­lo­stuk vir E­li­ze Ca­wood, Brie­we aan ’n rooi dak, be­kroon met die Ang­lo-Gold S­melt­kroes­prys vir die bes­te nu­we ver­hoog­teks op Aard­klop, het die hart van een­saam­heid met deer­nis en vlym­skerp in­sig oop­ge­vlek.

Har­ry was al­tyd aan die lees, her­lees en na­vors, on­ver­sa­dig­baar en by­na ob­ses­sief, maar hy was geen­sins koes­te­rend oor boe­ke nie. Hy wou nie boe­ke op­gaar nie, het hy my mee­ge­deel, eer­der weg­gee. Plek maak vir die vol­gen­de ont­dek­king en lees­a­von­tuur.

Sy nug­ter kyk op sa­ke blyk uit el­ke sin en pa­ra­graaf van sy werk. Oog­klap­pe is daar nie. In een on­der­houd het hy ge­bieg dat hy al­tyd ge­boei was deur “ver­skuil­de ge­skie­de­nis­se”, sto­ries wat on­ver­tel ge­bly het. Sy ver­ken­nen­de gees en dik­wels eks­pe­ri­men­te­le aan­slag was tromp­op, ont­hut­send, ge­stroop.

Hy was deeg­lik be­wus van nei­gings in die let­ter­kun­de, maar kon sy eie koers on­be­teu­eld in­slaan. Sto­ries was be­lang­ri­ker as post­mo­der­nis­tie­se spe­le­tjies; re­sen­sen­te moes dans om by te bly met die veel­heid van nar­ra­tie­we dra­de, ka­rak­ters met kruis­kul­tu­re­le i­den­ti­tei­te, die wye be­lang­stel­ling van ’n ou­to­di­dak, aan­ha­lings en frag­men­te wat hy om ’n te­ma ge­weef het.

“Har­ry was my siels­ge­noot, my broer, my ka­me­raad,” ver­tel Hans Pie­naar, sy boe­sem­vriend van 36 jaar, en Har­ry se uit­ge­wer by Tau­rus. “As skry­wer het Har­ry on­ver­geet­li­ke ka­rak­ters ge­skep en hy was een van die bes­te hu­mo­ris­te in e­ni­ge taal in SuidA­fri­ka. Vir sy ve­le vrien­de het hy lo­ja­li­teit bo al­les ge­stel; hy was ’n wa­re men­sch met ’n diep in­sig in ons le­wens. My kin­ders sê hul­le ont­hou die warm­te van ons aan­de saam. Hy het ons ma­le son­der tal ver­maak met sy u­nie­ke hu­mor­sin; daar het nooit ’n on­oor­spronk­li­ke woord oor sy lip­pe ge­kom nie. Sy heen­gaan laat ’n groot gat in my le­we.”

Sy vrou, die dig­ter Cor­né Coet­zee: “Ek wil skaars glo dat ons vriend van meer as drie de­ka­des nooit weer met ’n bot­tel wyn by ons stoep­trap­pe sal op­stap nie. Hy kon lek­ker kui­er om­dat hy in by­na al­les, en bo­wen­al men­se, be­lang ge­stel het.

“En hy kon luis­ter. Sy gees­drif oor din­ge was won­der­lik. Oor ’n boek wat hy ge­lees het, ’n to­neel­stuk, ’n plek, ’n song, ’n spe­si­a­le ge­reg wat San­pat ge­maak het. Har­ry het dik­wels ver­won­derd ge­sê: ‘Dis beau­ti­ful!’

“Een van die heel mooi­ste goed van hom was sy lief­de vir sy kin­ders, Ja­na en Da­niel, en sy vrou, San­pat. Ek dink dis in een van sy kort­ver­ha­le dat ’n ka­rak­ter na sy vrou van baie ja­re sit en kyk, en hy dink: ‘Ek be­sef ek is nog steeds ver­lief op haar.’ En al­mal wat vir Har­ry en San­pat saam ge­ken het, weet dit is geen per­so­na nie, dit is Har­ry self wat hier praat, uit sy groot, lief­de­vol­le hart uit.”

En­ke­le ja­re ge­le­de is ek en Har­ry deur ’n skry­wers­fees op die Wits-kam­pus ge­nooi om te ge­sels oor ons nu­we ro­mans wat al­bei in en om Jo­han­nes­burg af­speel. Die ge­spreks­lei­er was Jo Prins, Beeld se boe­ke­re­dak­teur.

Ons drie het op­ge­daag en in ’n klein le­sing­lo­kaal gaan sit en wag vir ons ge­hoor om op te daag. Daar was toe pre­sies een, ’n ge­meen­skap­li­ke vrien­din. Vier van ons teen­woor­dig: Jo, Har­ry, die vrien­din, en ek.

Har­ry het net ge­grin­nik, skou­ers op­ge­haal, en voor­ge­stel ons gaan ge­woon voort met die ses­sie. Ons het ons stoe­le in ’n sir­kel ge­trek, me­kaar in die oë ge­kyk en land en sand ge­sels oor boe­ke, skry­wers, die vreug­des en op­of­fe­rings van die skryf­pro­ses. Lo­nend was dit toe vir dié vier­tal in die koue saal­tjie. S­ti­mu­le­rend, ver­maak­lik, be­sie­lend.

Ons kon saam­stem dat skry­wers al­ler­eers vir hul­self skryf son­der om te weet of e­nig­ie­mand die boek gaan koop of lees. Of kom luis­ter na hul diep en groot ge­dag­tes.

Net een van die dui­send sto­ries oor Har­ry.

‘‘ Har­ry was al­tyd aan die lees, her­lees en na­vors, on­ver­sa­dig­baar en by­na ob­ses­sief, maar hy was geen­sins koes­te­rend oor boe­ke nie. Hy wou nie boe­ke op­gaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.