Kyk fy­ner vir die een­voud van skoon­heid

Die Burger - - 10 - Van Al­le Kan­te Wil­helm Jor­daan

Dit is eie aan die mens om die sa­me­hang van skoon­heid en droef­heid te be­leef – wan­neer iets so mooi is dat dit jou oor­rom­pel en laat huil.

En ek praat nou nie van “’n skoon­heid” wat tra­ne stort as sy hoor sy word as Mej. Wê­reld ge­kroon nie! Sul­ke tra­ne is ’n perd van ’n an­der kleur. Ek praat van e­mo­sie wat van jou be­sit neem as jy skoon­heid ge­waar – het­sy in ’n ge­dig, ’n stuk pro­sa, ’n skil­de­ry, ’n fo­to, ’n beeld­hou­werk, in mu­siek of in die na­tuur.

As voor­beeld Mi­chel­an­ge­lo se Pie­tà in Ro­me wat Je­sus se lig­gaam ná die krui­si­ging op die skoot van sy moe­der, Ma­ria, in mar­mer uit­beeld – ’n beeld deur­drenk van ui­ter­ste droef­heid, smart, pa­tos en teer­heid.

Vir se­ker ont­lok skoon­heid ook lig­har­tig­heid en vreug­de – soos Jo­hann S­trauss se wals­mu­siek dit doen, en Bru­ce S­pring­steen as hy en sy E S­treet Band met “Glo­ry Days” jou tot in die murg laat ruk en rol.

Die ge­nie­ting van be­woë én ge­luk­wek­ken­de skoon­heid be­rus op

’n mens se ver­moë tot em­pa­tie­se ver­een­sel­wi­ging. Soos D.J.

Op­per­man dit po­ë­ties ver­woord het: “Ek gee my da­e­liks aan die skep­ping oor, / soos in ’n bus op pad na die kan­toor, / ek, in ’n spel van ver­een­sel­wi­ging, / plak­kaat word, perd, vis­jong en die se­ring . . .”

Wan­neer o­ën­skyn­lik on­ver­wan­te le­wens­din­ge op­eens saam­ge­voeg word, is skoon­heid te vind in ’n mee­voe­ren­de sa­me­han­gen­de ge­heel.

En jy wat kyk, lees of luis­ter, is ín dié ge­heel op­ge­neem so­lank die oom­blik­ke duur. So kan jy ook skoon­heid be­leef by Pi­cas­so se Gu­er­ni­ca wat die mens se wreed­heid uit­beeld.

Op dié ma­nier kom die “en­gel uit die klip” los ter­wil­le van jou vol­le mens­lik­heid. So­dat jy ook raak­sien wat ’n an­der raak en ná­voel wat ’n an­der voel.

Só ge­sien is dit ’n fout om te dink skoon­heid is net in “groot kuns” te vind. Wie skoon­heid só ver­staan, ly aan skoon­heidsno­bis­me wat maak dat dinge soos die be­sit van duur kuns­wer­ke en ge­vor­der­de mu­siek­waar­de­ring die al­ler­maat­staf vir ’n skoon­heid­sin is.

Sul­ke sno­bis­me ver­hin­der dat jy skoon­heid in die al­ler­ge­woon­ste dinge óm en ín jou vind. Juis daar­om is ons le­wens dik­wels so ver­beel­ding­loos en vaal – son­der ver­ruk­king wat meer­vou­dig in die een­voud van dinge lê. As ’n mens fy­ner kyk en luis­ter, is skoon­heid o­ral te vind:

In ’n blom­ry­ke tuin­tjie in ’n wind­ver­waai­de, stow­we­ri­ge plak­kers­kamp; in die muur­pa­pier van koe­ran­te wat die bin­ne­kant van ’n hut­jie van sink en kar­ton op die Kaap­se Vlak­te ver­sier; in die me­lo­die wat jy neu­rie ter­wyl jy bo­me snoei; in die wa­ter wat jy oor ’n ver­dor­de plant sprin­kel; in die teks­tuur van ’n blom voel­baar aan die vin­ger­pun­te; in die aand­wind wat bla­re laat rit­sel; in ’n klein kind­jie se woord­gre­tig­heid; om ’n ka­ri­ge ta­fel te dek; om ’n kers aan te s­teek . . .

‘‘

Sul­ke sno­bis­me ver­hin­der dit dat jy skoon­heid in die al­ler­ge­woon­ste dinge óm en ín jou vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.