Klag oor ver­bo­de mid­dels teen Co­le­man laat vaar

Die Burger - - 15 -

Die vin­nig­ste man in die wê­reld sal toe­ge­laat word om sy slag by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Doha te wys na­dat klag­tes teen hom dat hy toet­se vir die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels mis­ge­loop het, laat vaar is.

Chris­ti­an Co­le­man, wat tans as die wê­reld se vin­nig­ste at­leet in die 100 m be­skou word, het gis­ter die groen­lig by die A­me­ri­kaan­se a­gent­skap teen die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels ge­kry en sal dus op 27 Sep­tem­ber in Ka­tar kan hard­loop.

Die A­me­ri­kaan­se na­el­lo­per het ’n skor­sing van t­wee jaar in die ge­sig ge­staar na­dat hy drie toet­se vir die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels in die af­ge­lo­pe 12 maan­de mis­ge­loop het.

Wan­neer ’n so­ge­naam­de “fi­ling fai­lu­re” die eer­ste keer plaas­vind, skuif die da­tum eg­ter te­rug na die eer­ste dag van die be­trok­ke kwar­taal, wat vir Co­le­man op ’n teg­nie­se punt ge­red het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.