‘Vei­li­ge so­ne’ vir aas­vo­ëls be­plan

Die Burger - - 10 - – Ca­ra-Lee Dorf­ling

San­par­ke be­raam plan­ne om aas­vo­ëls weer na die Sen­traal-Ka­roo te­rug te lok.

Die hoop is om ’n e­nor­me “vei­li­ge so­ne” in die ge­bied te skep, lui ’n ver­kla­ring van San­par­ke.

Be­plan­ning aan die pro­jek, wat deur die Trust vir Be­dreig­de Spe­sies (EWT) be­stuur sal word, het reeds ver­le­de jaar in sa­me­wer­king met die Ka­roo Na­si­o­na­le Park be­gin.

“Ons doel is om broei­pa­re te be­skerm om­dat hul­le die voort­be­staan van die be­vol­king sal ver­se­ker,” het dr. Ga­reth Ta­te van die EWT se roof­vo­ël­pro­gram on­langs in ’n voor­leg­ging oor die vei­li­ge so­nes vir aas­vo­ëls in Graaff-Rei­net ge­sê.

Vol­gens San­par­ke het die i­dee by van die Kam­de­boo-be­wa­rings­grond­ei­e­naars be­gin en die Moun­tain Ze­bra Cam­de­boo Pro­tected En­vi­ron­ment (MZCPE)-groep het dit la­ter op­ge­neem.

Ka­te Web­ster, die Oos-Kaap se ver­teen­woor­di­ger van Vul­pro (’n or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag wat hom vir die be­wa­ring van aas­vo­ëls be­y­wer), sê eg­ter die pro­jek is nie haal­baar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.