UWK-diens sal Chester se le­we vier

Sy sus­ter wag op o­pe­hart­o­pe­ra­sie

Die Burger - - 3 - May­ge­ne de Wee

Die rug­by­le­gen­de Chester Williams (49) het vir sy vrou, Ma­ria, ge­sê dat hy geen mor­bie­de en hart­seer­ge­sig­te by sy be­graf­nis of e­ni­ge ge­denk­diens vir hom wil hê nie.

Gasant Abarder, hoof van die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land (UWK) se kom­mu­ni­ka­sie­af­de­ling, het gis­ter ge­sê Williams se ge­denk­diens mô­re by die u­ni­ver­si­teit sal daar­om ’n vie­ring van sy le­we wees.

Williams, wat Vry­dag aan ’n hart­aan­val dood is, was die UWK se rug­by-af­rig­ter.

Sy be­graf­nis­diens word Sa­ter­dag in die Nu­we­land-rug­by­sta­di­on ge­hou. Dit be­gin om 12:00. Ma­ria het gis­ter ge­sê al­mal is wel­kom om dit by te woon.

’n Ge­denk­diens word ook vir mô­re om 13:00 by die UWK be­plan en nog een Don­der­dag om 18:00 op die Bo­land-krie­ket­veld.

Pa­tri­cia de Lil­le, lei­er van die Good-par­ty en mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke en in­fra­struk­tuur, het gis­ter ge­sê sy gaan Chester baie mis. “Hy en Ma­ria is soos my eie kin­ders.” De Lil­le is ook Chester en Ma­ria se twee­ling­kin­ders, Chloe en Mat­thew (15), se peet­ou­er.

Vol­gens haar han­teer Chloe haar pa se skie­li­ke heen­gaan baie swaar. “Mat­thew pro­beer sterk wees vir sy ma en sus­ter.

“Ek was Vry­dag saam met Ma­ria by die hos­pi­taal. Sy was baie kwaad en het vir Chester ge­sê hy het haar be­lo­we dat hy 100 jaar sou leef. Sy het vir hom ge­vra hoe­kom het hy vir haar ge­jok.”

De Lil­le het ge­sê vol­gens Ma­ria was Chester glad nie siek nie en hy het nie van­te­vo­re oor hart­pro­ble­me ge­kla nie. “Hy en Ma­ria het nog on­langs al­bei hul jaar­lik­se me­die­se on­der­soe­ke ge­had en al­bei is bla­kend ge­sond ver­klaar.”

Vol­gens De Lil­le blyk dit nou dat Williams se hart ver­groot was. “Ek dink dit kan ge­ne­ties wees, want sy sus­ter het ook ’n week ge­le­de ’n hart­aan­val ge­had en wag nou dat ’n o­pe­hart­o­pe­ra­sie ge­doen word.”

Vol­gens Ma­ria is hul­le nog be­sig met die fi­na­le be­graf­nis­re­ë­lings vir Don­der­dag en Sa­ter­dag, maar dit sal deur die loop van die week be­kend ge­maak word.

Abarder het gis­ter ge­sê Williams was ten ty­de van sy dood die hoof­af­rig­ter van die UWK se rug­by­span, wat in 2017 die Var­si­ty­be­ker ge­wen het. Hul­le het ses we­ke ge­le­de ’n vi­deo met Williams ge­maak om nu­we ta­lent van­uit die stu­den­te se ge­le­de­re vir hul rug­by­span­ne te werf. “Hy wou met die vi­deo die stu­den­te nooi om hul rug­by-CV’s te stuur en te kom vir try-outs. Co­ach was pas­sie­vol oor rug­by en sy spe­lers. Hy was nie net hul co­ach nie, maar ook ’n pa en men­tor. Hy was ’n va­der­fi­guur wat in sy spe­lers se per­soon­li­ke le­we be­lang ge­stel het.”

Hy het ge­sê die spe­lers is stuk­kend en in rou.

Williams laat sy vrou, die twee­ling en Ma­ria se seun, Ry­an Rob­son, ag­ter.

Fo­to: UWK ME­DIA

Chester Williams in die vi­deo wat die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land se me­di­a­de­par­te­ment ge­maak het om nu­we rug­by­spe­lers vir die UWK te werf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.