Ver­vang rooi­kaart met an­der straf

Die Burger - - 10 - Da­vid Rai­nier, Har­ten­bos

Die toe­ken­ning van die rooi­kaart aan ’n spe­ler het se­ker­lik al tot groot om­stre­den­heid in rug­by ge­lei – in só ’n ma­te dat oor die toe­pas­sing daar­van her­be­sin be­hoort te word.

Nie net straf die rooi­kaart die spe­ler nie, maar sy he­le span, die toe­skou­ers en die sen­si­ti­wi­teit van wat die uit­slag van die wed­stryd kan in­hou.

Op 5 Au­gus­tus 2017 het die Leeus in die Sup­per­rug­by-eind­stryd teen die Cru­sa­ders op tuis­bo­dem ge­speel. Net voor rus­tyd is K­wag­ga S­mith met ’n rooi­kaart ge­straf. Die Leeus het die wed­stryd met 25-17 ver­loor.

Die All Blacks het op 10 Au­gus­tus van­jaar in ’n toets teen Aus­tra­lië ge­speel. Net voor rus­tyd is die All Blacks se een slot, S­cott Bar­rett, ook met ’n rooi­kaart ge­straf. Die Aus­tra­li­ërs het die All Blacks met 47-26 af­ge­ran­sel.

Net ’n week la­ter het die twee span­ne weer swaar­de ge­kruis en die All Blacks be­haal ’n ys­li­ke se­ge van 36-0. On­ge­ag die tuis­voor­deel, is dit ’n dui­de­li­ke be­wys dat die hui­di­ge stel­sel be­vraag­te­ken moet word.

Die In­ter­na­si­o­na­le Rug­by­raad sal ’n an­der straf­maat­re­ël moet in­stel. Daar kan by­voor­beeld aan ge­dink word dat die nie­oor­tre­den­de span ná 10 mi­nu­te vir die oor­tre­den­de span ’n spe­ler van die “bank” af mag aan­wys wat dan die af­ge­stuur­de spe­ler mag ver­vang. Dit is steeds ’n straf, maar op Su­per- of in­ter­na­si­o­na­le vlak moet jy 15 spe­lers op die veld hê. Dit be­hoort dan nie so ’n groot ont­wrig­ting mee te bring nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.