Goeie nuus vir Na­mi­bië se PJ van Lill ná rooi­kaart

Die Burger - - 15 -

Die Na­mi­bie­se los­voor­spe­ler PJ van Lill sal wel in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi kan speel na­dat sy ap­pèl teen ’n rooi­kaart, wat hy Sa­ter­dag in die op­war­mings­wed­stryd teen die Sout­hern Kings ge­kry het, ge­slaag het.

Van Lill en T­hem­be­la­ni B­ho­li van die Kings was in die wed­stryd in Wal­vis­baai in ’n stru­we­ling be­trok­ke.

As sy rooi­kaart ge­staan het, sou Van Lill weens ’n ou­to­ma­tie­se skor­sing Na­mi­bië se WB-wed­stry­de teen I­ta­lië, Suid-A­fri­ka en Nieu-See­land mis­ge­loop het. Dít sou Na­mi­bië ge­dwing het om hom met ’n an­der spe­ler te ver­vang, aan­ge­sien hy dan net vir die stryd teen Ka­na­da be­skik­baar sou wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.