Ca­peNa­tu­re wil nie sê waar Sim­ba van Athlo­ne is

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de Wee

Ca­peNa­tu­re het die af­ge­lo­pe week ’n slui­er van ge­heim­hou­ding ge­trek oor waar Sim­ba, die leeu­wel­pie wat in Au­gus­tus by ’n huis in Athlo­ne, Kaap­stad ge­vind is, hom be­vind.

Die Bur­ger wou Dins­dag in e-pos by Lo­ren Pa­vitt, Ca­peNa­tu­re-woord­voer­der, weet waar Sim­ba is en of daar be­soek by hom af­ge­lê kan word.

Dié e-pos volg na­dat in­lig­ting ont­vang is dat Sim­ba, soos hy in die me­dia ge­doop is, in die we­ke na­dat hy in Athlo­ne ge­vind is van kant ge­maak is.

Die leeu­wel­pie was glo te ge­woond aan men­se en kon na be­we­ring nie aan­pas by die plek waar­heen hy ge­neem is nie.

Daar is aan Ca­peNa­tu­re ge­vra of Sim­ba nog leef en in­dien wel, waar hy is.

Pa­vitt het in ant­woord hier­op ge­sê dat hul­le en die po­li­sie ge­sa­ment­lik be­sluit het om “ge­ge­we die sen­si­tie­we aard van die saak en die on­der­soek wat voort­duur nie op me­di­a­na­vrae te re­a­geer nie.

“Al­le joer­na­lis­te word aan­ge­moe­dig om die hof­ver­rig­tin­ge by te woon vir ver­de­re in­lig­ting.”

’n Po­li­sie­woord­voer­der, sers. No­loyi­so R­wex­a­na, het in re­ak­sie op na­vrae ge­sê dit is nou ’n hof­saak en dat hul­le nie kom­men­taar gaan le­wer nie.

Drie mans, on­der wie Su­lai­man Ef­fen­di, die jong­ste seun van Na­j­wa Pe­ter­sen, ver­oor­deel­de we­du­wee van die ver­moor­de mu­si­kant Ta­liep Pe­ter­sen, het op 28 Au­gus­tus in die land­dros­hof in Wyn­berg ver­skyn na­dat hul­le op 21 Au­gus­tus by Ef­fen­di se huis in heg­te­nis ge­neem is.

Die leeu­wel­pie is by Ef­fen­di se Athlo­ne-huis ge­vind.

Ef­fen­di, sy me­de­be­skul­dig­des, Ra­y­aan Si­mons en S­hu­rud Ja­cobs, staan te­reg op so­wat 14 aan­klag­te wat met die be­sker­ming van wil­de die­re ver­band hou.

Hul­le is elk op R5 000 borg­tog vry­ge­laat.

Die saak is tot 27 No­vem­ber vir ver­de­re on­der­soek uit­ge­stel.

Le­de van die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid in Kaap­stad het op 28 Au­gus­tus bui­te die hof be­ves­tig dat die o­wer­he­de steeds soek na ’n twee­de leeu­wel­pie wat glo ie­wers op die Kaap­se Vlak­te aan­ge­hou word.

Die leeu­wel­pie kort na­dat hy in Athlo­ne ge­vind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.