So­li P­hi­lan­der kry ko­me­di­ant-prys

Die Burger - - 8 - AJ Op­per­man

“Dit is ou­kei om jou­self te wees,” sê die ko­me­di­ant So­li P­hi­lan­der oor sy Sa­van­na Co­mi­cs’ Choi­ce-eer­be­wys vir sy le­wens­lan­ge by­drae.

“Dit is dalk die oor­wel­di­gend­ste deel van die prys – dat an­der men­se in die be­dryf sê: ‘Ons gee dit vir jou, want dit kom jou toe. Ons sien wat jy doen en ons dink jy is ou­kei, jy mag wees wie jy is.’ Wat noem ’n mens die ge­voel? Ek ken dit nie. Dit is nuut vir my.”

P­hi­lan­der het die prys Sa­ter­dag in die Ly­ricte­a­ter in Gold Reef Ci­ty, Jo­han­nes­burg, ge­kry.

P­hi­lan­der het nie eint­lik sy loop­baan be­plan nie.

Hy het baie jonk ’n vrien­din na ’n ou­di­sie ver­ge­sel om haar by te staan.

“Dit was die dig­ter Di­a­na Fer­rus. Ek is toe­val­lig ge­vra om ook ’n rol te lees.”

Dié rol het hy op­laas ver­tolk. Hy het baie ver­hoog­werk ge­doen, ook in die bui­te­land, soos met die to­neel­stuk Wai­ting for Go­dot.

Op te­le­vi­sie het hy ver­skyn in reek­se soos Die Ma­na­kwa­lan­ners en die te­le­vi­sie­rol­prent The Ro­ad to Mec­ca. Sy stem was ook oor ra­dio.

Hy het op SAfm ’n ka­rak­ter met die naam Ro­sie Sep­tem­ber ver­tolk en hy het Sa­ter­dag­og­gen­de op RSG ’n pro­gram aan­ge­bied. Hy was la­ter on­der meer op Punt Ge­sels­ra­dio en Ca­peTalk.

Hy was ook die aan­bie­der van pro­gram­me soos Li­rie­ke­raai en Vat ’n kans op kykNET.

“Jy weet, ek kry dank­sy die prys die ge­voel dat al­les nie ver­niet was nie,” sê P­hi­lan­der.

“Die tye wat ’n mens hard ge­werk het of moeg was, waar jy ie­wers in ’n klein ka­mer­tjie sit en ge­won­der het wat jy maak. Ek wil ook vier hoe on­ge­loof­lik Suid-A­fri­ka­ners is. Dan­kie dat jul­le luis­ter na die mal­le­rig­heid in my kop, dat jul­le dink ek is ou­kei.”

Fo­to: JERRI MOKGOFE PHOTOGRAPH­Y

Die ko­me­di­ant So­li P­hi­lan­der het ’n Sa­van­na Co­mi­cs’ C­hoi­ceeer­be­wys vir sy le­wens­lan­ge by­drae ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.