Dros-ver­krag­ter het sy da­de be­plan, sê reg­ter

Ver­slag ge­vra oor sy ‘er­ge kin­der­ja­re’

Die Burger - - 1 - Han­ti Ot­to

Ni­cho­las Ni­now het die se­we­ja­ri­ge mei­sie op 22 Sep­tem­ber 2018 na die vrou­e­kleed­ka­mer ge­volg om haar te ver­krag.

Dit is die e­nig­ste re­de­li­ke af­lei­ding ge­grond op die be­we­se fei­te voor die hof, het reg­ter Mok­hi­ne Jo­nas Moso­pa gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­vind.

Hy het Ni­now se oor­spronk­li­ke skuld­be­ken­te­nis op twee aan­klag­te van ver­krag­ting as “on­skul­dig” aan­ge­te­ken om­dat die staat nie die be­skul­dig­de se weer­ga­we van die ge­beu­re aan­vaar het nie.

Ni­now het be­weer dat hy in ’n toi­let­hok­kie in die vrou­e­kleed­ka­mer was om dwelms te ge­bruik toe die kind in­ge­stap het.

Die mei­sie het ge­tuig sy was reeds op die toi­let toe hy in­ge­stap en haar ver­krag het.

Sy het in haar ge­tui­e­nis ge­sê die man het haar twee keer ver­krag en toe die toi­let­deur toe­ge­druk toe men­se dit van bui­te af pro­beer oop­druk het, vol­gens Moso­pa.

Sy het nie ge­ant­woord toe haar ma na haar ge­roep het nie, want die man het ge­dreig om haar dood te maak.

“En sy was bang, want daar­die per­soon het haar toe reeds seer­ge­maak,” het Moso­pa ge­sê.

Hoe­wel Ni­now ge­weet het daar is se­ke­re din­ge waar­op hy moet ant­woord ná die kind se ge­tui­e­nis, het hy ver­kies om nie self te ge­tuig nie.

Se­ke­re pun­te het Ni­now nie be­twis nie:

■ Hy het daar­die dag by die Dros-re­stau­rant aan­ge­kom en is na ’n ta­fel ge­neem;

■ Hy het in ’n sta­di­um aan ’n an­der ta­fel langs die kin­der­speel­plek gaan sit son­der om die kel­ne­rin in te lig;

■ Die slag­of­fer het in die speel­plek ge­speel en la­ter ge­vra om kleed­ka­mer toe te gaan;

■ Die be­skul­dig­de is na die vrou­e­kleed­ka­mer waar hy (in ’n toi­let­hok­kie) kaal saam met die klaag­ster ge­vind is; en

■ Die klaag­ster het nie haar broe­kie of broe­kie­kou­se (tig­hts) aan­ge­had nie. Die reg­ter het daar­op ge­wys dat Ni­now geen re­de ge­gee het hoe­kom hy in ’n sta­di­um op ’n an­der plek gaan sit het nie. Hy het ook nie ver­dui­de­lik hoe­kom hy in ’n sta­di­um daar­die dag op­mer­kings oor sek­su­e­le om­gang met ’n vreem­de vrou (wat saam met ’n met­ge­sel by ’n an­der ta­fel ge­sit het) ge­maak het nie.

Die be­skul­dig­de het ook geen re­de­li­ke ver­dui­de­li­king kon gee nie oor hoe­kom hy na die vrou­e­kleed­ka­mer ge­gaan het ter­wyl die re­stau­rant wel ’n mans­kleed­ka­mer het.

Die reg­ter het toe be­vind dat die e­nig­ste re­de­li­ke af­lei­ding, op grond van die be­we­se fei­te, die vol­gen­de is:

■ Die be­skul­dig­de het die klaag­ster in die speel­plek sien speel;

■ Hy het ge­sien toe sy na die kleed­ka­mer gaan;

■ Hy het haar ag­ter­volg; en ■ Die klaag­ster is daar ont­klee en die be­skul­dig­de het haar ver­krag.

“Die be­skul­dig­de se weer­ga­we word dus ver­werp,” het Moso­pa be­vind.

Hy het daar­na Ni­now, in oor­een­stem­ming met die be­skul­dig­de se pleit­ver­dui­de­li­king, ook s­kul­dig be­vind op die aan­klag­te van die be­sit en ge­bruik van dwelms en regs­ver­y­de­ling deur­dat hy die mei­sie se broe­kie, ’n be­wys­stuk, in die toi­let af­ge­spoel het.

Ni­now is vry­ge­spreek op die aan­klag daar­van dat hy twee Dros-werk­ne­mers met sy lyf­band aan­ge­rand het.

Die saak is tot 16 Ok­to­ber vir die voor­von­nis­ver­rig­tin­ge uit­ge­stel.

Her­man Al­berts, Ni­now se pro­ku­reur, wil ’n proef­be­amp­te­ver­slag, as­ook ’n siel­kun­di­ge ver­slag be­kom, ver­moe­de­lik om meer van die be­skul­dig­de se be­weer­de storm­ag­ti­ge kin­der­ja­re ter ver­sag­ting van von­nis aan die hof voor te lê.

Adv. Do­rah N­go­be­ni, staats­aan­kla­er, het aan­ge­dui dat sy ook ’n ver­slag oor die im­pak van die voor­val op die slag­of­fer wil be­kom.

Ni­now bly in aan­hou­ding tot dan.

Hy het skaars die trap­pe na die aan­hou­ding­sel be­gin af­stap toe men­se in die hof aan hom skree: “Vrot in die tronk! Gaan vrot!”

Zitts

S­tof­fel

Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Die hof­saal was stamp­vol le­de van die ANC-vrou­e­li­ga en die EFF wat uit­spraak in Ni­cho­las Ni­now se ver­krag­ting­saak by­ge­woon het. In die mid­del voor is Pau­li­ne Ge­ric­ke, Ni­now se ou­ma.

Die reg­ter het be­vind dat Ni­cho­las Ni­now met voor­be­dag­te ra­de op­ge­tree het toe hy die se­we­ja­ri­ge mei­sie ver­krag het en nie im­pul­sief soos hy be­weer het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.