No­vak-hul­le, Fran­se wag op SA

Die Burger - - 19 - Jo­hann de Ja­ger No­vak D­jo­ko­vic

Suid-A­fri­ka se Ke­vin An­der­son en Lloyd Har­ris gaan No­vak D­jo­ko­vic en Du­san La­jo­vic van Ser­wië op 4 Ja­nu­a­rie in B­ris­ba­ne in hul eer­ste groep­wed­stryd in die nu­we ten­nis­toer­nooi om die ATP-be­ker pak.

Die eer­ste ge­keur­de Ser­wië, as­ook Frank­ryk (waar­skyn­lik Ga­el Mon­fils en Be­noit Pai­re), is van­dees­week saam met SuidA­fri­ka in Groep A ge­loot. Die vier­de en laas­te span in die groep sal eers in No­vem­ber aan­ge­kon­dig word.

Al­te­saam 24 lan­de gaan voor die Aus­tra­lie­se Ope in die kom­pe­ti­sie oor tien dae in ses groe­pe mee­ding. Net die ses groep­wen­ners en twee bes ge­plaas­te naas­wen­ners sal in die daar­op­vol­gen­de uit­speel­wed­stry­de be­trok­ke wees.

Die groep­wed­stry­de word in B­ris­ba­ne, Perth en Syd­ney ge­speel, ter­wyl die kwart­eind­ron­de, half­eind­ron­de en eind­stryd in Syd­ney be­slis sal word.

Die na­me van die eer­ste 19 lan­de (vol­gens hul voor­ste spe­lers se rang­lys­po­si­sies) is ver­le­de Vry­dag be­ves­tig.

Die gas­heer, Aus­tra­lië, sou in­dien hy nie ge­kwa­li­fi­seer het nie, as pro­mo­tors­keu­se deel­neem. Die vyf oor­bly­wen­de lan­de sal op 13 No­vem­ber, ook vol­gens hul voor­ste spe­lers se rang­lys­po­si­sies, be­kend ge­maak word.

Die krag­me­tings be­staan uit twee en­kel­spel­wed­stry­de (be­ste­uit-drie-stel­le) en ’n dub­bel­spel­wed­stryd.

Vol­gens nom­mert­wee-spe­ler van el­ke span in die eer­ste wed­stryd speel.

Die dub­bel­spel­wed­stryd sal ge­speel word, selfs al het ’n span reeds die krag­me­ting ge­wen.

An­der­son gaan die wê­reld se voor­ste spe­ler in sy te­rug­keer ná ’n knie­o­pe­ra­sie pak. D­jo­ko­vic, wat in die A­me­ri­kaan­se Ope hand­doek in­ge­gooi het met ’n skou­er­be­se­ring, be­plan om la­ter van­dees­maand in To­kio weer op die baan te wees.

B­rit­tan­je se An­dy Mur­ray kan in ’n Groep C-wed­stryd deeg­lik deur Ro­ger Fe­de­rer van S­wit­ser­land ge­toets word ná die heu­po­ pe­ra­sie wat hy van­jaar on­der­gaan het. Hy pro­beer om sta­dig maar se­ker weer sy stem­pel op die hoog­ste vlak af te druk.

■ Die lan­de wat reeds ge­kwa­li­fi­seer het: Groep A: Ser­wië, Frank­ryk, Suid-A­fri­ka, nog een; Groep B: S­pan­je, Ja­pan, Ge­or­gië, nog een; Groep C: S­wit­ser­land, Bel­gië, B­rit­tan­je, nog een; Groep D: Rus­land, I­ta­lië, A­me­ri­ka, nog een; Groep E: Oos­ten­ryk, Kro­a­sië, Ar­gen­ti­nië, nog een; Groep F: Duits­land, G­rie­ke­land, Ka­na­da, Aus­tra­lië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.