Hout­baai-be­to­gers skiet op po­li­sie

Die Burger - - 15 - War­da Mey­er

Gemoedere loop hoog in Hout­baai waar in­wo­ners glo oor­nag vuur­wa­pens, pe­trol­bom­me en fak­kels ge­bruik het om po­li­sie­le­de wat voet­pa­trol­lies ge­doen het aan te val.

In­wo­ners van Hang­berg het die stra­te in­ge­vaar, ’n voer­tuig om­ge­gooi en mo­tor­ban­de in die straat ge­brand om­dat die Kaap­stad-me­tro glo voort­gaan met uitsetting­s in hul woon­buurt, on­ge­ag vo­ri­ge beloftes.

Roscoe Ja­cobs, ge­meen­skaps­ak­ti­vis, sê die in­wo­ners het ná ’n ge­meen­skaps­ver­ga­de­ring be­sluit om te be­toog om­dat die Kaap­stad-me­tro aan­ge­dui het dat uitsetting­s en die slo­ping van hui­se in Hang­berg on­ver­my­de­lik is.

Ja­cobs het be­ves­tig dat in­wo­ners, wets­toe­pas­sers en die po­li­sie oor die af­ge­lo­pe paar dae ge­bots het en dat men­se al hoe moei­li­ker raak.

“Die Suid-A­fri­kaan­se Men­se­reg­te­kom­mis­sie sal van­dag men­se kom by­staan en help met be­mid­de­ling,” het hy ge­sê.

Way­ne Dy­a­son, woord­voer­der van wets­toe­pas­sing van die stad, sê be­to­gers het Don­der­dag­aand wets­toe­pas­sings­o­wer­he­de in die vi­sier ge­had, maar ge­luk­kig is nie­mand be­seer nie.

“At­lan­tie­se S­kip­per­straat is ge­sluit en die MyCiTi-bus­diens gaan tans nie Hang­berg bin­ne nie,” het Dy­a­son ge­sê.

Ja­cobs sê al wat hul­le wil hê is dat die stad moet op­hou met hul uitsetting­s.

“Ons sal hul­le hof toe sleep as ons moet so­dat daar be­te­ke­nis­vol­le in­ter­ak­sie tus­sen in­wo­ners en die stad is oor be­hui­sings­kwes­sies.

“’n Vrou het van­dees­week ’n uit­set­tings­be­vel ge­kry. Sy moet haar huis teen 2 Ok­to­ber ont­ruim. Die ge­meen­skap sal dit nie duld nie.”

Lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die si­tu­a­sie het gis­ter op­ge­vlam toe be­to­gers mo­tor­ban­de ge­brand het en op die po­li­sie ge­skiet het.

“Die po­li­sie het in­ge­gryp om reg en or­de te her­stel. ’n Saak van o­pen­ba­re ge­weld word on­der­soek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.