SA boer ag­ter­uit met af­tree­geld en skuld

Die Burger - - 20 - Wil­li­am Hor­ne Mid­del­klas S­paar­ders suk­kel

Suid-A­fri­ka­ners dra al hoe min­der tot af­tree­fond­se by en skaal ook af op ver­se­ke­ring.

Suid-A­fri­ka­ners se skuld skiet ook lui­dens die Glo­bal We­alth Re­port van Al­li­anz, een van die groot­ste ba­te­be­stuur­ders ter wê­reld, die hoog­te in.

Al­li­anz spreek kom­mer uit oor die skielike en on­ge­ken­de ag­ter­uit­gang van die wê­reld se fi­nan­si­ë­le ba­tes. Al­li­anz het be­vind die net­to waar­de van Suid-A­fri­ka­ners se fi­nan­si­ë­le ba­tes het in 2018 met 6,4% ge­tui­mel.

Van die 50 lan­de wat Al­li­anz by sy ver­slag in­sluit, is SuidA­fri­ka nou 38ste op die lys, met net­to fi­nan­si­ë­le ba­tes per ca­pi­ta van net min­der as R105 000.

In 2018 het die fi­nan­si­ë­le ba­tes van huis­hou­dings in ont­lui­ken­de mark­te en die Eer­ste Wê­reld ge­lyk­ty­dig in­ge­krimp, sê Al­li­anz.

Die to­ta­le fi­nan­si­ë­le ba­tes van die wê­reld se huis­hou­dings be­loop tans R2 800 000 mil­jard. In 2018 het dit met R2 797 mil­jard (0,1%) af­ge­neem. Vir die eer­ste keer nog het ont­lui­ken­de mark­te se fi­nan­si­ë­le ba­tes ’n 0,4%-in­krim­ping be­leef. 2018 was die eer­ste jaar in meer as ’n de­ka­de dat die wê­reld se mid­del­klas nie ge­groei het nie. Aan die ein­de van 2018 het on­ge­veer 1,04 mil­jard men­se (waar­on­der by­na 6 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners) tot die wê­reld se mid­del­klas be­hoort. S­paar­ders was wê­reld­wyd in ’n pe­na­rie. Aan die een kant is die toe­ne­men­de han­del­stwis tus­sen die VSA en C­hi­na, die ein­de­lo­se B­rex­it-sa­ge en toe­ne­men­de ge­o­po­li­tie­ke span­ning. Aan die an­der kant is die ver­nou­ing van mo­ne­tê­re toe­stan­de en die (aan­ge­kon­dig­de) nor­ma­li­se­ring van mo­ne­tê­re be­leid om min­der sti­mu­lus aan te bied. Aan­de­le­mark­te het dien­oor­een­koms­tig ge­re­a­geer en in 2018 het aan­deel­pry­se wê­reld­wyd met on­ge­veer 12% ge­daal.

Mi­cha­el Hei­se, hoof­e­ko­noom van Al­li­anz, skryf die toe­ne­men­de on­se­ker­heid toe aan die her­ver­sky­ning van pro­tek­si­o­nis­me in ver­skeie lan­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.