‘Mid­del­man’ in Jay­de-moord Ok­to­ber in hof

Die Burger - - 7 - Lynn Wil­li­ams

Lut­han­do Siyo­ni, die ver­meen­de mid­del­man in die moord in 2015 op Jay­de Pa­nayi­o­tou van Port E­li­za­beth, word in Ok­to­ber ver­hoor vir sy be­weer­de aan­deel in die moord op die on­der­wy­se­res.

Siyo­ni (37) het gis­ter net vlug­tig in die hoog­ge­regs­hof in Port E­li­za­beth ver­skyn.

Die staat het by ’n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning reeds aan­ge­dui hy is ge­reed om met die ver­hoor teen Siyo­ni te be­gin.

Siyo­ni het des­tyds ge­werk as ’n uit­smy­ter by Chris­to­pher Pa­nayi­o­tou, Jay­de se man, se nag­klub in Al­go­a­park. Chris­to­pher het Siyo­ni glo be­taal om ’n huur­moor­de­naar te kry om Jay­de te ver­moor. Pa­nayi­o­tou dien ’n von­nis van le­wens­lan­ge tronk­straf uit vir die be­plan­ning van sy vrou se moord.

Toe Jay­de se moord op die lap­pe kom, was Siyo­ni een van die eer­ste men­se wat deur die po­li­sie weens die moord aan­ge­keer is. Hy het ver­kla­rings aan die po­li­sie af­ge­lê oor Jay­de se ont­voe­ring en moord, en het ’n staats­ge­tuie ge­word.

Hy is eg­ter tot ’n vy­an­di­ge ge­tuie ver­klaar om­dat hy in die ge­tui­e­bank sy weer­ga­we van die ge­beu­re ver­an­der het. Hy het ook ge­wei­er om vrae wat in die ver­hoor aan hom ge­stel is, te be­ant­woord.

Jay­de is op 21 A­pril 2015 voor hul huis in Port E­li­za­beth, ont­voer. Haar lyk is die vol­gen­de dag in ’n stuk veld bui­te Ui­ten­ha­ge ge­vind. Sy is dood­ge­skiet.

Siyo­ni bly in aan­hou­ding. Hy moet weer op 14 Ok­to­ber in die hof ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.