FORMULE EEN Be­dek­te se­ën? Jip, die geel vlae het ’n im­pak ge­had

Die Burger - - 17 - Braam Peens

‘Daar is net drie spor­te: stier­ge­veg­te, mo­tor­sport en berg­klim; die res is blo­te spe­le­tjies.” As Er­nest He­ming­way hier­die ka­te­go­rieë uit­ge­son­der het ge­grond op die moont­lik­heid van ’n af­spraak met die e­wig­heid, maar Son­dag se Sin­ga­poer­se Grand P­rix ge­kyk het, is daar nóg ’n fak­tor wat ver­de­re kleur aan Formule Een se on­weer­staan­baar­heid ver­leen: die skou­spel van die on­voor­spel­ba­re. Want die ver­keer­de ja­er het ge­wen, in die ver­keer­de mo­tor, op die ver­keer­de baan.

Die Fer­ra­ri SF90 se in­he­ren­te stuur­traag­heid het die wê­reld se mo­tor­sport­me­dia reeds voor­af laat be­sluit dat die e­nig­ste twee pro­ta­go­nis­te Le­wis Ha­mil­ton van Mer­ce­des en Red Bull se Max Ver­stap­pen sou wees.

De­s­nie­teen­staan­de het C­har­les Le­clerc se on­lang­se twee se­ges sy span­per­so­neel se a­dre­na­lien­kraan­tjies mors­af oop­ge­draai. Boon­op is die jaar se om­vang­ryk­ste op­gra­de­rings aan die SF90 se neus, vloer, ag­ter­vlerk en lug­snoer vir Sin­ga­poer aan­ge­bring.

Uit on­se­ker­heid oor die doel­tref­fend­heid van die op­knap­pings is daar nog­tans op­ge­sien na ’n na­week van ska­de­be­heer.

Fer­ra­ri se ge­be­de is meer as ver­hoor: soos ’n dief in die Sin­ga­poer­se nag het hul ja­ers am­per on­ver­klaar­baar die kwa­li­fi­se­ren­de rond­tes oor­heers: Mer­ce­des kon net-net by­hou en Red Bull was on­me­de­din­gend. (Dit was die na­week se eer­ste ver­ras­sing.)

Die Ma­ri­na­baai-straat­baan is een van min waar­heen Pi­rel­li hul heel sag­ste band bring – blink­swart kou­gom­hoe­pels met krag­da­di­ge klou­ver­moë, maar met die leef­tyd van ’n goud­vis se ge­heue.

Toe Le­clerc Son­dag­aand die skaak­spel be­gin deur die stoet te lei met Ha­mil­ton en Vet­tel in sy sleur­stroom, was die Fer­ra­ri se aan­vank­li­ke rond­te­tye ’n vol­le 13.3 se­kon­des sta­di­ger as sy kwa­li­fi­se­ren­de tyd.

Dit het die span ge­doen om sy ban­de se duur­saam­heid so ver moont­lik te ver­leng en ’n en­ke­le kui­pe­stop moont­lik te maak, as­ook die veel­kleur­kon­ser­ti­na so styf moont­lik ag­ter hom saam­ge­pers te hou.

Mer­ce­des se mis­stap was op sy beurt eg­ter om hul mo­tor te ver­stel om sy bes­te ver­rig­ting ty­dens die re­sies pleks van die kwa­li­fi­se­ren­de rond­tes te le­wer – voor die hand lig­gend by ’n straat­baan waar dit on­moont­lik is om ver­by te steek.

Fer­ra­ri weer het al­les ver­wed op die los­jaag van die bes­te moont­li­ke weg­spring­po­si­sies om die ren daar­na te kon be­heer.

Die be­hou­den­de Vet­tel se glo­rie­rit – sy eer­ste se­dert Au­gus­tus 2018 – het ge­tuig van ge­duld en er­va­ring, maar moes ook on­be­twis­baar die i­ro­nie van die on­be­doel­de voor­deel van sy der­de weg­spring­plek kon in­sien.

Le­clerc se uit­bars­tings oor die ra­dio om sy mis­noeë te ver­woord oor sy ver­lies van die voor­tou en Fer­ra­ri se on­wil­lig­heid om hul plek­ke te laat om­ruil, het ’n seld­sa­me blik ge­bied op ’n min­der vol­was­se sy van Fer­ra­ri se 21-ja­ri­ge toe­koms­ti­ge wê­reld­kam­pi­oen.

G’n won­der dat Vet­tel, wat 11 jaar ou­er is en in die af­ge­lo­pe maand deur Le­clerc se me­te­o­rie­se ver­to­nings ver­ne­der is, nie die ver­soe­king kon weer­staan om ag­ter­na sy ste­kie teen sy span­maat in te kry nie.

“Jy mis­gis jou as jy ooit dink jy is gro­ter as hier­die span.”

Ver­keer­de Fer­ra­ri-ja­er, ja, maar ’n eg­te staats­man.

■ Die Rus­sie­se Grand P­rix vind Son­dag by So­chi plaas.

Fo­to: GETTY IMAGES

Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel het Son­dag in Sin­ga­poer ’n iet­wat on­ver­wag­se se­ge be­haal toe hy voor sy ge­wil­de span­maat, C­har­les Le­clerc, klaar­ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.