Pa wat glo sy ge­sin uit­wis, was ‘vrien­de­lik en be­skeie’

Die Burger - - Uit Die Kontrei - Roshé Ta­ka

Die si­vie­le in­ge­ni­eur van Kuils­ri­vier wat Don­der­dag glo sy ge­sin en daar­na hom­self dood­ge­skiet het, was ’n “vrien­de­li­ke en be­skeie mens”.

Só is Si­mit­hem­bi­le N­tom­be­la (36) gis­ter deur Me­gan A­do­nis, die men­se­hulp­bron­be­stuur­der van die in­ge­ni­eurs­maat­skap­py Mar­tin & East in Wet­ton, Kaap­stad, be­skryf.

A­do­nis het be­ves­tig dat N­tom­be­la die af­ge­lo­pe 14 jaar as si­vie­le in­ge­ni­eur by dié maat­skap­py ge­werk het.

“Hy was ’n reg­te heer. Ons is baie hart­seer oor wat ge­beur het,” sê A­do­nis.

Sy sê die maat­skap­py kan nie ver­de­re kom­men­taar le­wer nie om­dat die voor­val in N­tom­be­la se pri­va­te hoe­da­nig­heid plaas­ge­vind het.

N­tom­be­la, sy vrou, P­hum­la (35), en hul agt- en 12-ja­ri­ge dog­ters is Don­der­dag­og­gend vroeg dood in hul woon­stel in die Bar­da­le Vil­la­ge-vei­lig­heids­kom­pleks ge­vind. Die po­li­sie is vroeg­og­gend na die kom­pleks ont­bied na­dat sko­te ge­hoor is. Hul­le het die woon­stel se voor­deur oop­ge­dwing en op die ly­ke af­ge­kom.

Al vier ge­sins­le­de is met ’n en­ke­le skiet­wond in die kop aan­ge­tref. ’n Pis­tool is langs Si­mit­hem­bi­le se lyk ge­kry.

“Die ver­moe­de is dat die man vir die skie­te­ry ver­ant­woor­de­lik was,” sê lt.kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der.

Traut sê die po­li­sie in M­fu­le­ni na­by Kuils­ri­vier on­der­soek die skie­te­ry. Hul­le on­der­soek drie moor­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.