Beurtkrag ‘nie weens sa­bo­ta­sie of po­li­tie­ke a­gen­da’

Die Burger - - 1 - Wil­li­am Hor­ne

Nee, beurtkrag is nié weens sa­bo­ta­sie is nie – die krag­net­werk en op­wek­kings­een­he­de word dood­een­vou­dig net ver­by hul per­ke ge­druk.

Die goeie nuus is wel dat die ri­si­ko vir beurtkrag nie meer so groot is soos wat E­s­kom aan­vank­lik gis­ter­og­gend ge­meen het nie. Di­kat­so Mot­hae, ’n E­s­kom­woord­voer­der, het gis­ter­mid­dag aan Die Bur­ger ge­sê beurtkrag gis­ter­aand is “on­waar­skyn­lik”.

In ’n ver­kla­ring wat die nuts­maat­skap­py daar­na uit­ge­reik het, sê hy beurtkrag oor die na­week is ook nie in daar­die s­ta­di­um ver­wag nie. Maar hy het ge­maan dat die krag­net­werk on­der “erns­ti­ge druk” bly, met

2 000 MW se op­wek­kings­ver­moë wat steeds on­be­pland nie be­skik­baar is nie.

Beurtkrag kan steeds op “kort ken­nis­ge­wing” toe­ge­pas word.

Dit sal eg­ter slegs “in­dien ab­so­luut no­dig” ge­beur.

Be­we­rings van ’n po­li­tie­ke a­gen­da of sa­bo­ta­sie wat die “eint­li­ke re­de” vir beurtkrag is, steek voort­du­rend kop uit.

Beurtkrag is weer eens van­dees­week in­ge­stel in die­self­de week as pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se twee­de be­leg­gings­kon­fe­ren­sie, na­dat die lig­te so­wat drie we­ke lank aan­ge­bly het.

Wat E­s­kom aan toe­val toe­skryf, lyk vir baie an­der ver­dag. Mot­hae sê eg­ter dit is dood­een­vou­dig nie die ge­val nie. “Ons het al keer op keer dié ge­rug­te be­spreek,” het sy aan Die Bur­ger ge­sê. “Die krag­net­werk wat ons het, is bloot on­der te veel druk.”

Jan O­ber­hol­zer, die be­dryfs­hoof van E­s­kom, het ook vroe­ër ver­dui­de­lik die be­per­kings op hul op­wek­kings­ver­moë is so groot dat die vei­lig­heids­mar­ge om ’n skie­li­ke sty­ging in aan­vraag of ’n skie­li­ke ver­lies aan op­wek­kings­een­he­de te han­teer een­vou­dig nie daar is nie.

E­s­kom se ge­ïn­stal­leer­de op­wek­kings­ver­moë is so­wat

46 000 MW. In­ter­na­si­o­na­le stan­daar­de, as­ook E­s­kom se eie tei­ken, is om i­de­aal ge­spro­ke 15% van sy to­ta­le op­wek­kings­ver­moë as re­ser­we be­skik­baar te hê.

Vol­gens O­ber­hol­zer is die ge­mid­del­de re­ser­we­ver­moë van E­s­kom na­der aan 2 000 MW – min­der as ’n der­de van wat eint­lik no­dig is. Dit is die te­kort aan op­wek­kings­ver­moë wat daar­toe lei dat die krag­net­werk deur­lo­pend meer kwes­baar is as wat hy be­hoort te wees. Hier­by stel dit E­s­kom nie in staat om lang­ter­myn­in­stand­hou­ding te doen op die skaal wat no­dig is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.