Man in KFC gee sy mei­sie vin­ger­lek-lek­ker ver­ras­sing

Die Burger - - 1 - Meg­han La­wren­ce

Die ver­lo­wing is som­mer vin­ger­lek-lek­ker!

’n Man het in die KFC op sy een knie neer­ge­sak, ’n ring uit sy sak ge­haal en sy mei­sie ge­vra om met hom te trou.

Die to­neel, wat ver­moe­de­lik in ’n KFC-tak ie­wers in die Vaal­drie­hoek af­ge­speel het, het die be­ken­de hoen­der­kits­kos­groep ge­noop om dié ver­lief­de kui­kens te soek.

KFC Suid-A­fri­ka het Don­der­dag ’n plei­dooi op sy amp­te­li­ke T­wit­ter-blad ge­plaas waar­in hy Suid-A­fri­ka­ners vra om hom te help om dié “prag­ti­ge paar­tjie” op te spoor.

“M­zan­si, help ons as­se­blief om dié prag­ti­ge paar­tjie op te spoor, ons wil ’n bles­ser wees. Stuur aan ons ’n pri­va­te bood­skap as jy ’n lei­draad het; daar mag dalk vir jou ook ’n vin­ger­lek-lek­ker goeie ver­ras­sing wees. Vaal-men­se, help ons. Ons is lief vir lief­de,” lui die in­skry­wing met ’n vi­deo van die man wat die ja­woord vra daar­by.

KFC het gis­ter­og­gend om­streeks 11:15 op T­wit­ter aan­ge­kon­dig dat hy die “prag­ti­ge paar­tjie” op­ge­spoor het.

“Suid-A­fri­ka, jul­le ou­ens is fan­tas­ties! Ons het die prag­ti­ge paar­tjie ge­kry en dit lyk as­of ons ’n S­treetwi­se-troue gaan hê, jul­le! Ons gaan vir B­hut Hec­tor en sy lief­li­ke bruid, Nonhlanhla, ont­moet en sal jul­le op hoog­te hou.”

Min­stens 1 400 men­se het bin­ne mi­nu­te aan­ge­dui dat hul­le van KFC se in­skry­wing hou.

In die vi­deo staan die paar­tjie se maal­tyd ver­ge­te op die ta­fel ter­wyl die man die ring aan die vrou se vin­ger sit, on­der lui­de ge­juig van die men­se wat hul oom­blik aan­skou.

Die vi­deo het vin­ni­ger as wat ’n hoen­der oor die pad kan stap op so­si­a­le me­dia ver­sprei en is reeds 300 000 keer ge­kyk. T­wit­ter-ge­brui­kers het on­der­aan kom­men­taar ge­le­wer oor hoe mooi die vi­deo is en hoe bly hul­le vir die paar­tjie is.

’n S­kerm­greep van die paar­tjie wat ver­loof ge­raak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.