Al­les wat jy moet weet oor Bok­ke se tro­fee-toer Maan­dag

Die Burger - - 1 - Roshé Ta­ka

Moe­nie mis­loop: Kry Maan­dag jou spe­si­a­le uit­ga­we van Die Bur­ger wan­neer die Bok­ke met die Wê­reld­be­ker in Kaap­stad kom pronk.

Ná ’n week van land­wye vie­rings sluit die S­pring­bok-rug­by­span Maan­dag hul oor­win­nings-pa­ra­de met die Webb El­lis-tro­fee in die Moe­der­stad af.

Dan Pla­to, die bur­ge­mees­ter, sê Kaap­stad is reg om hul­le te ver­wel­kom “vir ’n gees­ge­vul­de oor­win­nings­pa­ra­de”.

Die Bok­span vlieg vir hul land­wye toer in ’n vlieg­tuig van F­lySa­fair wat in die groen-engoud van die Bok­kleu­re ge­tooi is. F­lySa­fair het ook ’n spe­si­a­le vlug­nom­mer aan die vlieg­tuig toe­ge­ken. Vlug FA3212 ge­denk die eind­tel­ling van die Wê­reld­be­ker-eind­stryd ver­le­de week in Ja­pan.

Die span sal mô­re na ver­wag­ting om 17:30 in Kaap­stad land.

Die Kaap­stad-me­tro sê in ’n ver­kla­ring ’n mi­ni-kon­sert be­gin Maan­dag om 11:00 by die stad­saal voor­dat die span ook na on­der meer Lan­ga, Bel­har en El­sies­ri­vier ver­trek.

Ter­wyl on­der­steu­ners op die Pa­ra­de vir die Bok­ke wag, sal hul­le deur on­der meer die A­fri­kaan­se rap­per E­ar­ly B, die Kaap­se san­ger Fan­cy Ga­la­da en die Suid-A­fri­kaan­se Vloot­or­kes ver­maak word.

“As die Kaap­se me­tro en in­wo­ners van dié mooi land is ons trots op die har­de werk wat die span in­ge­sit het wat tot hul kro­ning as wê­reld­kam­pi­oe­ne ge­lei het,” sê Pla­to in ’n ver­kla­ring.

Hy doen ’n be­roep “op die he­le Kaap­stad om uit te kom en hul on­der­steu­ning vir die Bok­ke te wys”.

“Ons wil ons dank­baar­heid teen­oor hul­le be­toon dat hul­le die tro­fee huis toe ge­bring het. Ons is ook ont­roer deur­dat, as die ker­sie op die koek, Kaap­stad vir die vol­gen­de vier jaar die tuis­te van die Webb El­lis-tro­fee gaan wees.”

Bring ’n sam­breel

Ka­pe­naars wat die pa­ra­de wil by­woon, moet liefs ’n sam­breel saam­bring, want daar is ’n 30%-kans op re­ën.

Leer­lin­ge sal on­ge­luk­kig nie van skool ver­skoon word om die pa­ra­de by te woon nie om­dat hul­le ek­sa­men skryf. Mil­li­cent Mer­ton, ’n woord­voer­der van die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment, sê geen amp­te­li­ke toe­stem­ming is aan sko­le ge­gee dat leer­lin­ge ty­dens skool­u­re die pa­ra­de mag by­woon nie.

Vir Ka­pe­naars is dié pa­ra­de ek­stra spe­si­aal om­dat hul­le die e­nig­ste on­der­steu­ners is wat die los­ska­kel Han­dré Pol­lard in le­wen­de ly­we sal sien.

Pol­lard was van­dees­week in die hos­pi­taal weens ’n ge­breek­te wang­been en kon dus nie die oor­win­nings­pa­ra­des in an­der ste­de by­woon nie.

Dié stra­te gaan ge­sluit wees:

■ Dar­ling­straat tus­sen die Pa­ra­de en Cor­po­ra­ti­on­straat mô­re om 17:00;

■ Pa­ra­de­straat tus­sen Ca­le­do­nen Dar­ling­straat;

■ Dar­ling­straat tus­sen Bui­te­kant en La­er P­lein­straat Maan­dag van 08:00 tot 15:00;

■ Pa­ra­de­straat tus­sen Ca­le­do­nen Dar­ling­straat; en

■ Cor­po­ra­ti­on­straat tus­sen Lang­mark- en Dar­ling­straat. Voor­lo­pi­ge ske­du­le vir die pa­ra­de Maan­dag: ■ Be­soek die par­le­ment van 09:00 tot 10:00;

■ Daag om 10:15 by die stad­saal op, waar e­me­ri­tus-aarts­bis­kop dr. Des­mond Tu­tu hom by die span aan­sluit;

■ Ver­trek om 12:00 vir die op­tog deur die stad;

■ Van 13:00 deur Lan­ga, Bel­har en El­sies­ri­vier;

■ 13:30 Van Bun­ga­laan na Was-hing­ton­ry­laan in die rig­ting van Ja­kes Ger­wel-ry­laan

■ 14:30 ver­trek van Lan­ga na Bel­har via die N2 – R300 na S­tel­len­bosch Ar­te­ri­al en via Symp­ho­ny­weg na Ro­bert So­buk­we­weg.

■ 15:15 in De la Rey­straat, Ra­vens­me­ad, via Fran­cie van Zi­jl­ry­laan na Uit­sig, en na El­sies­ri­vier met Ja­kes Ger­wel-ry­laan en dan na die N2; en

■ 17:00 kom die bus weer in die stads­kom aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.