Graan­boer, hou net moed – daar is nog baie om­gee

Die Burger - - 28 - Fo­to: JA­CO MA­RAIS

WJan­nie de Vil­liers

an­neer jy ka­rak­ter­stu­dies van per­so­ne in die By­bel doen, is Bar­na­bas, Pau­lus se reis­ge­noot, die een wat as be­moe-di­ger uit­staan.

Wan­neer dit swaar gaan by die huis, op die plaas of in ons land, is dit die he­den­daag­se “Bar­na­bas­se” wat ons moed in­praat. Hul­le stuur bood­skap­pies van be­moe­di­ging oor die te­le­foon of stuur bok­sies in koe­rant­pa­pier vir ’n boer­vrou ie­wers in die droë Ka­roo.

Dan is daar weer dié, soos Chris Bur­gess van Landbouwee­kblad, wat net op ’n dag bel en vra: “Jan­nie, wat gaan ons doen om die boe­re te help?” Of ’n streek­ra­di­o­sta­sie wat ons vra om bood­skap­pe van waar­de­ring vir hul­le te stuur om uit te saai vir boe­re wat só on­ver­moeid die e­le­men­te aan­durf om vir ons kos te pro­du­seer.

Ek het ook ge­sien hoe ’n kleu­ter­skool­juf­frou haar klas­sie op hul knieë in die par­keer­ge­bied het, elk­een met ’n sam­breel, waar hul­le vir re­ën vir die boe­re bid.

Jy is dalk nie be­wus van baie van hier­die din­ge wat ge­beur nie, maar net om­dat jy nie van al­les weet (of hoef te weet) nie, be­te­ken dit nie dat daar nie men­se is wat om­gee nie. Men­se gee nog om.

Baie keer is daar ’n on­ver­moë om uit­druk­king daar­aan te gee en soms is dit net ’n diep ver­sug­ting wat op­styg tot by die Va­der se hart.

Daar is dae wat ek ook som­mer net die lied “Na­der my God by U” oor en oor sit en luis­ter in die mo­tor op pad werk toe, net om ge­noeg moed by­me­kaar te skraap om my dag­taak aan te pak.

Om deur ver­ga­de­ring ná ver­ga­de­ring te sit en nie te vor­der nie, is ook se­ker maar soos die droog­te.

Die op­brengs­te is min en die son is maar warm! Daar is nie al­tyd che­mi­ka­lieë vir die “siek­tes” wat daar uit­dop nie. Jy raak la­ter self ver­gif­tig deur die tok­sie­se om­ge­wing.

Swaar jaar vir land­bou

Met die oor­vloed sleg­te nuus van hoe die land en sy men­se suk­kel en hoe doof die ore vir land­bou is én raak, ver­geet jy mak­lik van die­ge­ne wat el­ke maand hul be­las­ting, wa­ter en lig­te en skool­gel­de be­taal.

Ons ver­geet dat daar nog maat­skap­pye en boek­hou­ers is wat skoon ou­dit­ver­slae le­wer, en dat daar men­se is wat hul fa­mi­lie en vrien­de al­tyd bel, al is hul lug­tyd by­na op.

Ons ver­geet dat daar na­vor­sers is wat in die bloe­di­ge hit­te van plant tot plant loop om die reg­te kruis­be­stui­wings te maak om ie­wers die fi­nan­si­ë­le om­stan­dig­he­de vir ’n pro­du­sent en ver­brui­ker (men­se wat hy of sy nooit gaan ken nie) be­ter te maak.

Ek dink ook aan klein kin­ders wat nie die swaar las­te van hier­die wê­reld saam­dra nie. Al wat hul­le weet, is dat Ou­pa en Ou­ma na hul kleu­ter­skool­kon­sert kom kyk het.

Dit was ’n be­son­der­se swaar land­bou­jaar op eie bo­dem. Die mees­te van ons was nie e­mo­si­o­neel voor­be­reid op nog ’n droë jaar nie.

Die vor­de­ring wat ons ge­maak het om die ko­ring­gra­de­ring tot voor­deel van ons graan­pro­du­sen­te te ver­be­ter, was gou ver­ge­te toe die re­ën weg­bly en die on­ge­na­di­ge son be­gin brand. Dan praat ek nie eens van die boe­re wie se ko­ring vroe­ër die maand 100%-ryp­ska­de ge­kry het nie.

Wan­neer jy sul­ke tye be­leef, het jy ’n hand no­dig wat jou net kan help om jou ba­lans te be­hou so­dat jy nie die pad bys­ter raak nie. Jy mag dalk nie van­dag al­mal sien of ken wat ’n hand na jou uit­steek nie, maar ek wil al­mal van­dag ver­se­ker dat hul­le wel daar is.

Hou op twy­fel

Ek lees in die By­bel van ’n man met die naam Jo­han­nes die Do­per, ’n uit­son­der­li­ke man wat ten spy­te van al sy won­der­li­ke da­de en toe­wy­ding aan God in die tronk be­land om­dat hy die ko­ning ge­kri­ti­seer het.

Hy laat na­vraag doen by Je­sus om te pro­beer be­paal wat sy lot gaan wees, en al ant­woord wat hy kry, is die vol­gen­de: “Ge­luk­kig is elk­een wat nie aan My be­gin twy­fel nie” – Mat­the­us 11 vers 6.

Ek glo nie dit is die ant­woord wat hy ver­wag het nie. Dalk roep en hoop jy ook el­ke dag vir ’n uit­koms om uit die om­stan­dig­he­de te kom wat jou ge­van­ge hou. En dan kom die ant­woord – dat jy, ten spy­te van al­les, nie moet be­gin twy­fel nie.

Mag jy ie­wers ge­du­ren­de hier­die Kers­tyd lank ge­noeg stil kan wees om weer ge­luk­kig te wees deur nie te twy­fel nie.

Daar ís nog ’n God wat om­gee en daar ís nog men­se wat om­gee – al sien of ken jy hul­le nie.

Ge­se­ën­de Kers­fees.

De Vil­liers is die uit­voe­ren­de hoof van die pro­du­sen­te­or­ga­ni­sa­sie Graan SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.