Ein­de van hoë datapryse is in sig

Ta­rie­we moet on­mid­del­lik met hel­te ver­min­der word

Die Burger - - 1 - Pe­trus Mal­her­be

As Vo­da­com en MTN nie die prys van hul da­ta on­mid­del­lik hal­veer nie, sal hul­le ver­volg word.

Dit is maar een van ve­le dras­tie­se in­gry­pings wat deur die Me­de­din­gings­kom­mis­sie ver­eis word ná sy markon­der­soek na die bui­ten­spo­ri­ge hoë prys van da­ta in Suid-A­fri­ka.

Tem­bin­ko­si Bo­na­ke­le, kom­mis­sie­voor­sit­ter, be­skul­dig Vo­da­com en MTN daar­van dat hul­le doel­be­wus ver­al ar­mer SuidA­fri­ka­ners uit­buit om hul wins op te stoot.

Die kom­mis­sie het gis­ter die fi­na­le be­vin­dings van sy ja­re lan­ge markon­der­soek be­kend ge­maak.

Die kom­mis­sie be­skul­dig Vo­da­com en MTN daar­van dat hul­le Tel­kom en Cell C uit­buit om­nie. dat daar­die diens­ver­skaf­fers nie diens­te teen kos­prys kan koop nie.

Dit ver­oor­saak dat Cell C en

Tel­kom hul pry­se móét op­stoot, ter­wyl Vo­da­com en MTN as ei­e­naars van die net­wer­kin­fra­struk­tuur dit nie hoef te doen Die kom­mis­sie het ook be­vind dat diens­ver­skaf­fers se klag­tes dat die ge­brek aan be­skik­ba­re spek­trum die prys van da­ta op­stoot nie steek hou nie.

Ook nie die ar­gu­ment dat da­ta in Suid-A­fri­ka so­veel duur­der is om­dat die net­werk hier so­veel be­ter is nie.

Vol­gens Bo­na­ke­le be­stee Vo­da­com en MTN min­der as 5% van hul be­dryfs­uit­ga­wes per jaar aan die li­sen­si­ë­ring van spek­trum.

Daar­teen­oor word die prys van da­ta in som­mi­ge ge­val­le met tot 20% ver­hoog.

Vol­gens die kom­mis­sie is dit ook bog dat die diens­ver­skaf­fers ho­ër pry­se vir da­ta moet vra net om sy “uit­ste­ken­de” net­wer­kin­fra­struk­tuur in stand te hou.

In re­ak­sie sê MTN hy het in die af­ge­lo­pe vyf jaar R50 mil­jard aan die uit­brei­ding van sy net­wer­kin­fra­struk­tuur be­stee om te ver­goed vir die ge­brek aan spek­trum.

Vo­da­com sê dit is ver­re­gaan­de dat die kom­mis­sie nie die im­pak van ge­brek aan spek­trum in sy be­vin­dings ver­re­ken het nie, ver­al aan­ge­sien die On­af­hank­li­ke Kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid self al aan­ge­dui het die toe­ken­ning van meer spek­trum is “nood­saak­lik” ten ein­de die prys van da­ta te ver­laag.

MTN en Vo­da­com het ook aan­ge­dui hul­le be­no­dig meer tyd om die kom­mis­sie se ver­slag deeg­lik te be­stu­deer al­vo­rens hul­le meer kom­men­taar oor die be­vin­dings daar­in gaan le­wer.

Bo­na­ke­le het gis­ter ge­waar­sku dat e­ni­ge diens­ver­skaf­fer wat nie ge­hoor gee aan die kom­mis­sie se ver­eis­tes nie in­ge­vol­ge die Me­de­din­gings­wet ver­volg kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.