Zu­ma se siek­te is ‘hoogs ge­heim’

Die Burger - - 1 - Ver­slag­span – L­le­wel­lyn P­rin­ce, Ma­re­li­ze Bar­nard en P­hil­da Es­sop

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma is nie net te siek om voor die Zon­do-kom­mis­sie oor staat­skaping te ge­tuig nie, maar sy siek­te moet ook hoogs ge­heim bly.

Só het Zu­ma se reg­span gis­ter voor die Zon­do-kom­mis­sie ge­sê toe hul­le die kom­mis­sie in­ge­lig het dat hy nié van­dees­week sal kan ge­tuig nie en ook nie tot Maart be­skik­baar sal wees nie.

Hy moet me­die­se pro­se­du­res in die bui­te­land en in Suid-A­fri­ka on­der­gaan. Die aard van sy me­die­se toe­stand word eg­ter só ge­heim ge­hou dat sy dok­ters net be­reid is om ag­ter toe deu­re aan ad­junk­hoof­reg­ter Ray­mond Zon­do te ver­dui­de­lik wat fout is met Zu­ma.

Adv. T­ha­ba­ni Ma­su­ku SC, een van Zu­ma se regs­ver­teen­woor­di­gers, het by die kom­mis­sie kap­sie ge­maak teen die feit dat sy kli­ënt “an­ta­go­nis­ties” be­han­del word.

Hy het ge­kla dit is on­no­dig vir die kom­mis­sie se reg­span om ’n aan­soek voor Zon­do te bring om ’n be­vel te maak wat Zu­ma sal ver­plig om op ’n la­ter da­tum te ge­tuig.

Ma­su­ku het ge­sê dit is on­aan­vaar­baar dat Zu­ma se woord nie aan­vaar kan word nie. Hy het ge­sê sy kli­ënt “wil wel ge­tuig”.

Adv. Paul P­re­to­ri­us SC, ’n ge­tui­e­nis­lei­er van die kom­mis­sie, het ge­sê Zu­ma se reg­span het eers Maan­dag om 16:00 in ’n ver­kla­ring ge­noem dat Zu­ma siek is en nie be­skik­baar sal wees om te ge­tuig nie. Die ver­kla­ring is uit­ge­reik kort voor­dat die kom­mis­sie die be­vel by Zon­do sou aan­vra wat Zu­ma sou dwing om tus­sen 27 en 31 Ja­nu­a­rie te ge­tuig.

Hul­le het vroe­ër in ’n me­di­a­ver­kla­ring aan­ge­dui die be­vel gaan aan­ge­vra word.

Ma­su­ku het aan­ge­voer dit is on­reg­ver­dig dat die drei­ge­ment van moont­li­ke in­heg­te­nis­ne­ming oor Zu­ma se kop hang.

Hy het ook uit­ge­vaar oor die me­di­a­ver­kla­ring.

Zon­do het daar­op ge­ant­woord hý het op­drag ge­gee dat die ver­kla­ring uit­ge­reik word en die in­houd daar­van is neu­traal en nié aan­val­lend teen­oor Zu­ma nie.

Zon­do het ge­sê die kom­mis­sie het die vo­ri­ge keer toe Zu­ma weens siek­te nie kon ge­tuig nie, nie eens ’n me­die­se ser­ti­fi­kaat ge­vra het nie. Sy woord is toe wel aan­vaar. Dié keer het Zu­ma aan­ge­bied om in­lig­ting be­skik­baar te stel oor sy siek­te.

Ma­su­ku het ge­sê die hoof van Zu­ma se me­die­se span sal ag­ter toe deu­re vir Zon­do oor die saak spreek.

Na­dat Zon­do en die par­tye ver­ga­der het, het die sit­ting voort­ge­gaan en P­re­to­ri­us het ge­sê die aan­soek vir ’n dag­vaar­ding vir Zu­ma se ver­sky­ning word eers uit­ge­stel.

Zon­do het ge­sê hy het die aan­bod deur Zu­ma aan­vaar dat sy me­die­se span se hoof hom kom spreek en in­lig.

Die kom­mis­sie aan­vaar ook dat Zu­ma nie tus­sen 27 en 31 Ja­nu­a­rie hoef te ver­skyn nie weens dié me­die­se re­des.

Adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA-LP, het in re­ak­sie ge­sê Zu­ma se siek­te­toe­stand klink vir haar “maar ’n bie­tjie ver­dag”.

“Ek kan nie dink dat daar ’n siek­te­toe­stand be­staan wat nie in Suid-A­fri­ka be­han­del kan word nie. Ons me­di­ci is baie be­kwaam en ons hos­pi­ta­le is uit­ste­kend, ten­sy hy bang is vir die Na­si­o­na­le Ge­sond­heids­ver­se­ke­ring.”

Sy het wel ge­sê in­dien do­ku­men­ta­sie aan Zon­do voor­ge­lê is en hy het op grond daar­van uit­stel ge­gee, kan hul­le die saak nie ver­der voer nie.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, VF Plus-lei­er, het ge­sê Zu­ma het ’n “o­pen­ba­re plig om al­les aan die pu­bliek te o­pen­baar.

“As hy siek is, moet hy as o­pen­ba­re fi­guur o­pen­baar wat hy on­der le­de het so­dat SuidA­fri­ka­ners self kan oor­deel of dit sy nie-ver­sky­ning voor die Zon­do-kom­mis­sie reg­ver­dig.”

Groe­ne­wald het ge­sê siek­te is des­tyds ge­bruik om S­ha­bir S­haik uit die tronk te kry.

Vol­gens hom ver­werp sy par­ty Zu­ma se ge­hei­me siek­te daar­om met min­ag­ting.

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.