O‎aar­de!‎Man‎bring‎skaap‎saam‎s­trand‎toe

Die Burger - - 1 - – Ané van Zyl

Dit is glad nie on­ge­woon om jou troe­tel­dier saam te neem s­trand toe nie.

Maar een man het ’n on­ge­wo­ne troe­tel­dier wat ook uit­stap­pies na die s­trand ge­niet.

“Ek het nou al baie goed op On­rus se s­trand ge­sien, maar dié een is die ker­sie op die koek,” het een strand­gan­ger op Fa­ce­book ge­sê en ’n fo­to ge­plaas van ’n man in ’n groen hemp wat dood­lui­ters op ’n stuk­kie gras by dié ge­wil­de s­trand sit met ’n skaap in sy arms.

Die skaap lyk in sy e­le­ment en lê selfs as­of hy ’n hond is.

Nog ’n vrou het die man langs die straat raak­ge­sien en móés dit op Fa­ce­book plaas.

“’n Man gaan stap met sy skaap!” skryf sy by die fo­to.

In dié fo­to lei die man sy troe­tel­skaap aan ’n lei­band rond.

Die pla­sing het baie re­ak­sie uit­ge­lok en men­se het ge­sê hul­le won­der waar die skaap van­daan kom. “Ek het met hier­die man ge­praat,” skryf een Fa­ce­book-ge­brui­ker.

“Die skaap is soos sy kind.” Nog ie­mand sê sy het die skaap voor in die man se voer­tuig sien sit ter­wyl hy brand­stof in­gooi. “Hy tree net soos ’n hond­jie op!”

Fo­to:‎ FA­CE­BOOK/‎FRAN­COIS‎ ELOFF‎

Die vrien­de sit langs die see.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.