FW-stigting kap te­rug ná EFF-af­jak

Die Burger - - Front Page - L­le­wel­lyn P­rin­ce

’n Aan­val deur Ju­li­us Ma­le­ma en die EFF is die “mees op­reg­te vorm van ’n kom­pli­ment”, sê die FW de K­lerk-stigting.

“Ons het sy soort al voor­heen ge­sien: die­ge­ne wat kleur­ge­ko­deer­de u­ni­forms dra, wat boe­lie­tak­tiek ge­bruik om de­mo­kra­tie­se pro­ses­se te ont­wrig, wat ras­se­haat aan­jaag en hul lei­ers F­ührer of Du­ce of Com­man­der­in-C­hief noem.”

Dit was gis­ter die re­ak­sie van dié stigting op Ma­le­ma en sy EFF-LP’s se aan­val­le op De K­lerk (83) in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV).

Die EFF het p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa se staats­re­de erg ont­wrig deur on­der meer te eis dat De K­lerk die par­le­ment ver­laat om­dat hy vol­gens die par­ty on­langs ont­ken het dat a­part­heid ’n mis­daad teen die mens­dom was. Die EFF se ver­soek is ver­werp.

De K­lerk is soos T­ha­bo M­be­ki en K­ga­le­ma Mot­lant­he as oud­pre­si­den­te saam met hul vroue amp­te­lik na die staats­re­de ge­nooi en het in die o­pen­ba­re ga­le­ry ge­sit.

Dit stigting sê ook “dit is i­ro­nies dat Ju­li­us Ma­le­ma, wat die ve­ny­ni­ge aan­val teen De K­lerk ge­rig het, ge­dreig het om ’n wa­re mis­daad teen die mens­dom te pleeg toe hy op 7 No­vem­ber 2016 ge­sê het: ‘Ons doen nie ’n be­roep op die slag­ting van wit men­se nie – ten min­ste nie nou nie.’ ”

Lui­dens die ver­kla­ring het De K­lerk al her­haal­de­lik die erns­ti­ge on­reg­te wat on­der a­part­heid ge­pleeg is er­ken en al ver­skeie ke­re op­reg om ver­sko­ning aan slag­of­fers daar­van ge­vra.

Hy het ook sy he­le pre­si­dent­skap ge­wy aan die af­skaf­fing van a­part­heid en die on­der­han­de­ling oor ’n nu­we Grond­wet wat die reg­te van al­le Suid-A­fri­ka­ners, on­ge­ag hul ras, sou ver­skans.

Die stigting vra in die ver­kla­ring die vraag of a­part­heid werk­lik ’n mis­daad teen die mens­dom was.

Dit lui ver­der dat die Ver­e­nig­de Na­sies se Al­ge­me­ne Ver­ga­de­ring in No­vem­ber 1966 a­part­heid tot ’n mis­daad teen die mens­dom ver­klaar het, ter­wyl die kon­ven­sie oor die ver­druk­king en straf van die mis­daad van a­part­heid in 1973 aan­vaar is.

“So­wel die re­so­lu­sie as die kon­ven­sie was po­li­tie­ke i­ni­si­a­tie­we van die (des­tyd­se) Sow­jet­u­nie, wat self gru­we­li­ke mis­da­de ge­pleeg het teen die mens­dom, wat in­ge­sluit het die moor­de op mil­joe­ne men­se.”

Die stigting sê ver­der 23 van die 31 on­der­te­ke­naars van die kon­ven­sie was “nie vry nie”, vol­gens F­ree­dom Hou­se, ’n A­me­ri­kaan­se wag­hond­or­ga­ni­sa­sie vir vry­heid en de­mo­kra­sie.

“I­ro­nies is Suid-A­fri­ka ge­klas­si­fi­seer as ge­deel­te­lik vry en het hy be­ter men­se­reg­te-pun­te as 27 van die on­der­te­ke­naars ge­had.

“Die ge­dag­te dat a­part­heid ’n mis­daad teen die mens­dom was, was en bly ’n po­li­tie­ke pro­pa­ganda­pro­jek wat deur die Sow­jet­u­nie en sy ANC-SAKP-bond­ge­no­te be­gin is om wit Suid-A­fri­ka­ners te stig­ma­ti­seer deur hul­le te ver­een­sel­wig met op­reg­te mis­da­de teen die mens­dom wat in die al­ge­meen to­ta­li­tê­re ver­druk­king en die slag­ting van mil­joe­ne men­se sou in­sluit.”

Vol­gens die FW de K­lerk-stigting het 23 000 men­se tus­sen 1960 en 1994 in Suid-A­fri­ka se po­li­tie­ke ge­weld ge­sterf. Min­der as

5 000 van hul­le is deur die des­tyd­se vei­lig­heids­mag­te ver­moor.

“Die mees­te an­der sterf­tes het in die kon­flik tus­sen die IVP en die ANC voor­ge­kom.

“Niks daar­van is be­doel om die on­ge­reg­tig­he­de wat on­ge­twy­feld on­der a­part­heid ge­pleeg is goed te praat nie. Ons het wel ’n ge­ba­lan­seer­de be­grip van die ver­le­de no­dig. Nie een wat ge­grond is op ’n sim­plis­tie­se swart/wit-, goeie/sleg­te-raam­werk nie, maar op ’n grond­slag wat die on­ein­di­ge ska­ke­rings van grys weer­spie­ël wat die ge­skie­de­nis eint­lik ken­merk.

“John Al­len er­ken in sy boek Rab­ble Rou­ser for Pe­a­ce dat ‘daar geen be­wy­se voor­ge­lê is by (die des­tyd­se) Waar­heids-en-ver­soe­nings­kom­mis­sie wat De K­lerk by ge­weld be­trek het nie’,” lui die ver­kla­ring ver­der.

Fo­to: JACO MARAIS

Oud­pres. FW de K­lerk by Don­der­dag se par­le­ments­o­pe­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.