R200 000 uit­ge­loof ná mo­tor voe­te kry

Die Burger - - Front Page - Ischke van Ee­den

Die maat­skap­py wat ’n wit Lamborghin­i Urus ver­se­ker, bied ’n be­lo­ning van R200 000 aan vir in­lig­ting wat lei tot die suk­ses­vol­le op­spo­ring en te­rug­be­sor­ging van die mo­tor aan sy ei­e­naar.

Die mo­tor het ver­le­de week in die ver­keer­de han­de be­land en is se­dert­dien nie weer ge­sien nie.

Vol­gens cars.co.za is die waar­de van ’n Lamborghin­i Urus R3,5 mil­joen.

An­ton Koen, be­stu­ren­de di­rek­teur van NoJack Ve­hi­cle Tracking, ’n ver­skaf­fer van mo­tor­be­vei­li­ging­stel­sels in Be­no­ni, sê ’n skelm­streek doen die ron­de.

Vol­gens hom is drie van dié voer­tuie ver­le­de week in ’n kwes­sie van twee dae aan die Oos-Rand, on­der­skei­de­lik Be­no­ni en Bed­ford­view, gesteel. Twee van die ge­steel­de voer­tuie is wit en die an­der een geel.

“Ie­mand bel die voer­tui­g­ei­e­naar en gee voor hy ska­kel van Lamborghin­i af. Die per­soon voer aan dat die mo­del weens ’n me­ga­nie­se fout te­rug­ge­roep word,” ver­dui­de­lik Koen.

“Die per­soon sê dan dat hul­le ’n vrag­mo­tor gaan stuur om die voer­tuig op te laai om­dat die voer­tuig nie ver­der be­stuur kan word nie. ’n Paar dae la­ter sal die ei­e­naar die mo­tor­han­de­laar bel om oor hul voer­tuig uit te vra, ter­wyl die han­de­laar geen ken­nis daar­van het nie.”

In die ge­val van die wit Urus waar­voor die be­lo­ning uit­ge­reik is, is die mo­tor ver­le­de Dins­dag by die ei­e­naar se huis in Bed­ford­view deur drie mans op­ge­laai, sê Koen.

Die re­gis­tra­sie­nom­mer is JD89ZJGP.

Hy meen die skelms is men­se wat die mo­tor­han­de­laar ge­reeld as “klan­te” be­soek en op dié ma­nier uit­vind hoe die pro­ses­se werk.

“Moe­nie jou voer­tuig net vir e­nig­ie­mand gee nie. Bel die mo­tor­han­de­laar of die ver­koops­man of ie­mand wat jy by die han­de­laar ken om dit te be­ves­tig,” sê Koen.

E­nig­ie­mand met in­lig­ting kan Koen by 071 127 6091 bel.

Die po­li­sie het nie op ’n na­vraag oor die saak ge­re­a­geer nie.

Die Lamborghin­i Urus wat ver­le­de week gesteel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.