‘Doen-dit-self’-Cy­ril ver­ras in ys­ter­wa­re­win­kel

Die Burger - - Front Page - – Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa het vir groot op­win­ding ge­sorg toe hy op Va­len­tyns­dag by die Jack Ham­mer’s-ys­ter­wa­re­win­kel in Kaap­stad op­ge­daag het om hout­gom, ’n boor wat met bat­te­rye werk en ’n stel boor- en skroe­we­draai­er­pun­te te koop.

Dit dui o­ën­skyn­lik daar­op dat hy ook ’n doen-dit-self-en­toe­si­as is, sê Jo­han Er­lank, be­stuur­der van Jack Ham­mer’s in Tui­ne.

Hy sê daar was be­hoor­lik ’n cha­os in die win­kel toe die pre­si­dent om 10:00 gis­ter dood­lui­ters daar in­ge­stap kom.

Daar het gou men­se om die pre­si­dent saam­ge­drom om te ge­sels en sel­f­ies te neem.

“’n Mens kon nie glo dat hy vroeg­og­gend al weer so breed glim­lag in ’n win­kel saam met men­se ná die staats­re­de van die vo­ri­ge aand nie, sê Er­lank.

“Ek het hom per­soon­lik be­dien. Hy moes net vir my ge­vra het vir duck­ta­pe om Ju­li­us Ma­le­ma

(wat saam met die EFF die staats­re­de ver­traag het) se mond toe te plak! Ek sou dit aan hom ver­koop,” skerts Er­lank. Hy sê dit was te lek­ker om te sien hoe gaaf die pre­si­dent met die men­se om hom was, en dat hy ook maar net ’n ge­wo­ne ou is wat self­doen­ta­kies ver­rig.

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa saam met klan­te in die win­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.