S­piel­berg se dog­ter nou ’n por­no-ster

Die Burger - - 3 - – Saam­ge­stel deur Chris­ti­aan Boon­zai­er

Mi­ka­e­la Ge­or­ge S­piel­berg, die rol­prent­re­gis­seur Ste ven S piel berg se aan­ge­no­me dog­ter, het be­kend ge­maak dat sy ’n loop­baan as por­no-ster gaan volg.

Die 23-ja­ri­ge Mi­ka­e­la het in ’n eks­klu­sie­we on­der­houd met The Sun ge­sê sy het al met die ver­vaar­di­ging van so­lo-por­no­vi­deo’s be­gin en dat sy ook ’n ont­klee­dan­se­res wil word so­dra sy ’n seks­werk­li­sen­sie het.

S­piel­berg het glo on­langs die nuus met haar pa en aan­ge­no­me ma, die ak­tri­se Ka­te Caps­haw, op Fa­ceTi­me ge­deel en sê hul­le was glo “nuus­kie­rig”, maar “nie ont­steld nie”.

“Ek het moeg daar­voor ge­word om nie munt uit my eie lig­gaam te kan slaan nie en om eer­lik te wees, moeg om voor­ge­sê te word dat ek my lig­gaam moet haat,” sê sy.

“Ek het ook moeg ge­raak om dag ná dag te werk op ’n ma­nier wat nie my siel be­vre­dig nie. Ek voel ek sal deur hier­die soort werk (por­no­gra­fie) daar­toe in staat wees om an­der men­se te be­vre­dig, ter­wyl dit my ook goed laat voel, want dit laat my nie voel as­of ek ge­skend is nie,” sê sy.

Steven S­piel­berg en sy aan­ge­no­me dog­ter, Mi­ka­e­la Ge­or­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.