Seun sterf ná hek op hom val

‘Hy wou buur­man guns doen’

Die Burger - - 12 - Na­z­ley Wil­schutt

Nog ’n fa­mi­lie is ge­bro­ke na­dat hul se­we­ja­ri­ge seun ge­sterf het.

Abdul Mu­tau­lib Hen­ry van Mit­chells Plain is Sa­ter­dag­mid­dag dood na­dat die bu­re se toe­gangs­hek bo-op hom ge­val het.

Abdul en sy vrien­de het in die s­traat voor hul huis ge­speel toe ’n buur­man in die s­traat aan­ge­ry kom.

“Hy wou die buur­man ’n guns doen en het die hek vir hom oop­ge­maak so­dat hy kon in­ry. Toe lig die hek van die spoor af op en val bo-op Abdul,” sê sy ma, Far­zaana.

“Ek en sy pa en sy sus­sie was in die huis. ’n An­der buur­vrou het ons kom roep. Toe ons bui­te kom, was hy reeds be­wus­te­loos.”

Far­zaana sê die nood­diens­te het eers ’n uur ná die on­ge­luk op die to­neel aan­ge­kom. Abdul is in die hos­pi­taal in Len­te­geur dood ver­klaar.

“Wat dit er­ger maak, is dat hy Don­der­dag (gis­ter) agt jaar oud sou word,” sê Far­zaana.

Vol­gens P­hi­li­sa Jonas, Abdul se juf­frou by Port­land P­ri­ma­ry S­chool in Mit­chells Plain, was Abdul ’n lief­li­ke seun.

“Hy was al­tyd vrien­de­lik en wou net sy bes­te doen. Hy was ’n baie toe­ge­wy­de leer­ling.

“Al die kin­ders is hart­seer oor Abdul. Hul­le het bood­skap­pe vir hom ge­skryf en prent­jies ge­te­ken.”

Jonas ken die fa­mi­lie baie goed aan­ge­sien Abdul se sus­ter ook in haar klas was.

Jonas het die fa­mi­lie tuis be­soek om haar mee­ge­voel te be­tuig.

Vol­gens die on­der­wy­ser is Abdul se ma en ver­al sy ou­ma ge­bro­ke ná die nuus.

Abdul se be­graf­nis was Son­dag om 15:30.

Kapt. FC van Wyk het be­ves­tig dat ’n toe­gangs­hek ge­breek en op ’n se­we­ja­ri­ge seun­tjie ge­val het.

Die slag­of­fer is met sy aan­koms by die hos­pi­taal dood ver­klaar.

Die po­li­sie het ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek aan­ge­vra.

Die po­li­sie waar­sku al­le ou­ers om al­tyd ver­sig­tig te wees met toe­gangs­hek­ke.

“Ons wil ou­ers en ver­sor­gers waar­sku om e­lek­tro­nie­se toe­gangs­hek­ke ge­reeld in stand te hou.

“Ons wil ou­ers aan­moe­dig om te ver­se­ker dat daar al­tyd toe­sig oor hul kin­ders is.

“Moe­nie dat min­der­ja­ri­ge kin­ders hier­die hek­ke op hul eie ge­bruik nie.”

Klas­maats se te­ke­nin­ge en bood­skap­pe vir Abdul.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Abdul Mu­tau­lib Hen­ry (7)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.