Ek voel ook die pyn oor bi­bli­o­te­ke

Die Burger - - 15 - El­ma­rie Walt­man, Mil­ner­ton

Ek wil net vir Mar­tie Re­tief Mei­ring hart­lik be­dank vir haar prag­ti­ge ar­ti­kel oor bi­bli­o­te­ke en boe­ke (20.02).

As ’n bi­bli­o­te­ka­res­se die af­ge­lo­pe 27 jaar, voel ek haar pyn! Teg­no­lo­gie hard­loop in­der­daad met ons weg.

Dit is waar dat ons nie ge­noeg plek vir ons boe­ke het nie. In ons bi­bli­o­teek is ons be­voor­reg om twee sur­plus-ver­trek­ke te hê waar­in ons boe­ke stoor.

Ons bi­bli­o­teek by die huis is eg­ter ’n an­der sto­rie.

In 18 jaar se getroude le­we het ons so­veel boe­ke by­me­kaar ge­maak, ons kan dit ge­bruik as meu­bels! (Nooit nie!)

Een van die bes­te boe­ke oor bi­bli­o­te­ke wat ek on­langs ge­lees het, is Car­los Ruiz Zafón se La­by­rinth of the Spi­rits.

Jy kan nie die boek neer­sit nie – dit trek jou in soos die gol­we van die see.

Ek droom ook dat ie­mand ’n film sal maak oor die boek, want die mil­ieu en sto­rie­lyn neem jou op ’n mee­sleu­ren­de reis son­der ver­ge­ly­ke.

Ek droom van so ’n bi­bli­o­teek wat met ’n spi­raal­trap af en af gaan en am­per nooit op­hou nie ... soos Alice in Won­der­land af­ge­gaan het in die “rab­bit ho­le”.

’n Mens kan maar net droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.