Groen­te­mark­plein: Po­li­sie ver­wy­der mi­gran­te

Die Burger - - 1 - Jaco Ma­rais en Ané van Zyl

Die po­li­sie moes gis­ter die deu­re van die Me­to­dis­te­kerk op Groen­te­mark­plein in Kaap­stad oop­breek om die vlug­te­lin­ge wat se­dert Ok­to­ber ver­le­de jaar daar woon te ver­wy­der.

Meer as 400 men­se het in die kerk ge­bly, maar moes uit­kom weens die re­gu­la­sies wat ty­dens die in­per­kings­tyd geld. Die vlug­te­lin­ge het die kerk se deu­re van bin­ne ge­sluit en die po­li­sie moes die deu­re oop­dwing.

Na­dat die po­li­sie by die kerk in­ge­kom het, is die vlug­te­lin­ge son­der e­ni­ge ver­de­re erns­ti­ge voor­val­le in bus­se ge­laai en na ty­de­li­ke huis­ves­ting in Bellville ge­neem, waar hul­le sal bly tot­dat die staat van in­per­king op­ge­hef word.

Eerw. Alan S­to­rey van die kerk het lank reeds te ken­ne ge­gee dat die vlug­te­lin­ge nie meer wel­kom is in die kerk nie en moet uit.

S­to­rey het vroe­ër in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Dit is ’n goeie ding om­dat dit on­vei­lig sou wees dat men­se ty­dens die pan­de­mie voort­gaan om in so ’n oor­vol ruim­te soos die kerk te bly.

“Bid as­se­blief vir al­mal wat by dié oor­gang be­trok­ke is. Dit is trau­ma­ties vir al­mal.”

Die vlug­te­lin­ge het sak en pak bui­te die kerk ge­staan ter­wyl be­amp­tes goe­de­re soos ma­tras­se en kom­ber­se uit­ge­dra het. Die po­li­sie het teen druk­tyd nog nie kom­men­taar ge­le­wer nie.

Fo­to:­ JACO­ MA­RAIS

Die mi­gran­te wat se­dert Ok­to­ber ver­le­de jaar in die Sen­tra­le Me­to­dis­te­kerk op Groen­te­mark­plein in Kaap­stad woon, is gis­ter deur le­de van die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens uit dié kerk ver­wy­der as deel van die be­kam­ping van die Co­vid-19-vi­rus. Meer as 400 men­se het in die kerk ge­woon. Die mi­gran­te het die kerk se deu­re van bin­ne ge­sluit en die po­li­sie is ge­nood­saak om die deu­re oop te breek om toe­gang tot die ge­bou te ver­kry. Die mi­gran­te is son­der e­ni­ge ver­de­re erns­ti­ge voor­val­le in bus­se ge­laai en na ty­de­li­ke be­hui­sing in Bellville ge­neem waar hul­le sal bly tot die in­per­kings­tyd­perk ver­by is.

Fo­to’s: JACO MA­RAIS

Mi­gran­te wag gis­ter om op die bus­se te klim wat hul­le na Bellville sal neem.

Die po­li­sie maak die kerk se ge­slo­te deu­re gis­ter oop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.