Sko­le in Wes-Kaap loop deur on­der van­da­le ty­dens in­per­king

Die Burger - - 5 - Na­z­ley Wil­schutt

Agt sko­le in die Wes-Kaap het reeds se­dert die staat van in­per­king in wer­king ge­tree het, on­der van­da­le deur­ge­loop.

Bron­agh Ham­mond, woord­voer­der van die pro­vin­si­a­le on­der­wys­de­par­te­ment, het gis­ter ge­sê daar is op 29 of 30 Maart by die C­hu­mi­sa P­ri­ma­ry School in K­haye­lit­sha in­ge­breek. Re­ke­naars is ge­steel en van die klas­ka­mers is erg ge­van­da­li­seer. Die pre­sie­se waar­de van die ska­de moet nog vas­ge­stel word.

“Daar was ook se­we an­der voor­val­le van in­bra­ke en van­da­lis­me by sko­le van­af 31 Maart,” sê Ham­mond.

Sy sê se­dert die sko­le op 20 Maart ge­sluit het, is daar 16 ge­val­le van in­bra­ke en van­da­lis­me aan­ge­meld. Die 16 sluit die eer­ste se­we ge­val­le in, maar nie die voor­val by C­hu­mi­sa nie.

“Ons doen weer eens ’n be­roep op al­le ge­meen­skap­pe om e­ni­ge ver­dag­te op­tre­de in en om ons sko­le aan te meld. Daar is tans geen re­de vir e­nig­ie­mand om by ons sko­le te wees nie, ten­sy dit ’n op­sig­ter of on­der­wy­ser is wat op die skool­ter­rein woon,” sê Ham­mond.

Sy sê die mees­te ge­val­le het be­dags plaas­ge­vind, en nie snags nie. By­ko­men­de vei­lig­heids­maat­re­ëls is by die be­trok­ke sko­le ge­ïm­ple­men­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.