Kom­po­nis was in­spi­ra­sie vir mu­si­ci van al­le gen­res

Die Burger - - 7 -

Kr­zysz­tof Pen­de­recki, die Pool­se kom­po­nis en di­ri­gent wat op 29 Maart oor­le­de is, word be­skryf as ’n “mo­der­nis­tie­se kom­po­nis” wie se mu­siek in kon­sert­sa­le en po­pu­lê­re kul­tuur ge­hoor word.

Van sy kom­po­si­sies is by­voor­beeld as die klank­baan van die flieks The Exor­cist en The S­hi­ning ge­bruik, ter­wyl hy ook ’n in­spi­ra­sie vir rock­mu­si­kan­te was.

Hy het tuis in Kra­kow aan kan­ker ge­sterf en was 86 jaar oud.

Pen­de­recki, wat die af­ge­lo­pe meer as 50 jaar Po­le se be­kend­ste kom­po­nis was, het nooit stil­ge­sit nie. Hy het op die voor­grond ge­tree toe hy in die vroeë 1960’s met ra­di­ka­le kom­po­si­sie-idees vir hom ’n plek in die a­vant­gar­de-groep oop­ge­skryf het. Se­dert­dien het hy agt sim­fo­nieë, vier o­pe­ras, ’n re­qui­em, an­der koor­wer­ke en ver­skeie con­cer­to’s ge­le­wer. Laas­ge­noem­de het hy heel vro­lik as “by­na on­speel­baar” be­skryf.

Dié wat wel sy mu­siek kon be­mees­ter, soos die vi­o­lis An­ne-Sophie Mut­ter en die tjel­lis Ms­tis­laf Ros­tro­po­wit­sj, se op­na­mes het Gram­my-pry­se ge­wen, in on­der­skei­de­lik 1999 en 1988.

Pen­de­recki is meest­al be­kend vir sy koor­kom­po­si­sies wat Po­le se pas­sie­vol­le Ka­to­li­sis­me ver­kon­dig, as­ook die land se ge­skie­de­nis van bui­te­land­se oor­heer­sing. Sy vroeë wer­ke het mas­sie­we klank­tros­se be­vat en geen her­ken­ba­re me­lo­die of har­mo­nie nie. Hy het, voor­dat hy hom tot die neo-Ro­man­tiek ge­wend het, self ge­sê sy mu­siek van die vroeë tyd “was meer de­struk­tief as kon­struk­tief”.

Dit was nie­te­min kom­po­si­sies uit die eer­ste de­ka­de van sy loop­baan, soos Thre­no­dy for the Victims of Hi­ros­hi­ma (1960), Po­ly­mor­phia (1961) en die St. Lu­ke Pas­si­on (1966), wat hom in sy jong ja­re in­ter­na­si­o­na­le er­ken­ning be­sorg het.

Ver­al Thre­no­dy is ’n voor­beeld van ont­stel­len­de e­mo­si­o­ne­le ef­fek­te wat uit ab­strak­te kon­sep­te ge­skep is. Die blad­mu­siek lyk meer na meet­kun­de­huis­werk as kon­ven­si­o­ne­le mu­siek­no­ta­sie, maar wan­neer 52 stry­kers dit uit­voer, s­tel die mee­do­ën­lo­se se­nu­ter­gen­de klan­ke ver­nie­ti­ging deur ’n kern-aan­val voor. Pen­de­recki het die werk aan die slag­of­fers van Hi­ro­sji­ma op­ge­dra na­dat hy die werk ge­hoor het toe dit die eer­ste keer uit­ge­voer is.

Pen­de­recki het wei­nig mu­siek vir flieks ge­skryf, maar re­gis­seurs het gou ag­ter­ge­kom van sy wer­ke is i­de­aal om ril­ler­to­ne­le, moord en cha­os uit te beeld. Sy mu­siek is by­voor­beeld ge­bruik in Mar­tin S­cor­se­se se S­hut­ter Is­land, Fe­ar­less van Pe­ter Weir, Wild at He­art en In­land Em­pi­re van Da­vid Lynch, maar die be­kend­ste is in S­tan­ley Ku­brick se The S­hi­ning en Wil­li­am F­ried­kin se The Exor­cist.

Pop­mu­si­kan­te wat in­spi­ra­sie uit Pen­de­recki se mu­siek ge­put het, is Ke­le O­ke­re­ke van Bloc Par­ty, Rob­bie Ro­bert­son van The Band en Jon­ny G­reen­wood, die klas­siek-op­ge­lei­de ki­taar­spe­ler van Ra­di­o­he­ad.

Pen­de­recki was par­ty­keer om die ver­keer­de re­des in die nuus, soos om nie sper­tye na te kom nie. Hy het by­voor­beeld op­drag van die Ly­ric O­pe­ra in C­hi­ca­go ge­kry om ’n nu­we werk vir die A­me­ri­kaan­se 200-ja­ri­ge vie­ring in 1976 te s­kep. A­me­ri­kaan­se kom­po­nis­te was woe­dend om­dat ’n bui­te­lan­der die op­drag ge­kry het, ter­wyl Pen­de­recki vrees­loos voort­ge­gaan het met ’n uit­spat­ti­ge i­dee – ’n soort o­ra­to­ri­um-o­pe­ra ge­grond op Mil­ton se e­pie­se Pa­ra­di­se Lost. Die werk was nie be­tyds klaar nie en toe die pre­mi­è­re wel in No­vem­ber 1978 plaas­ge­vind het, het min men­se daar­van ge­hou.

O­pe­ra was juis nie sy sterk­ste gen­re nie. Sy eer­ste po­ging, The De­vils of Loudun (1969), het ge­meng­de re­ak­sie ont­lok en is deur die Va­ti­kaan af­ge­keur om­dat hy daar­mee ’n 17de eeu­se skan­daal in die kerk uit­ge­beeld het.

Op die di­ri­geer­po­di­um was Pen­de­recki ’n krag­ti­ge be­baar­de fi­guur wat sy mu­siek met groot swie­pen­de ge­ba­re ge­di­ri­geer het. Vir sy Sim­fo­nie nr. 7, met die sub­ti­tel Se­ven Ga­tes of Je­ru­sa­lem, ter vie­ring van dié stad se 300ste be­staans­jaar in 1996, is ’n reu­se-or­kes no­dig met ko­per- en hout­bla­sers ag­ter die ver­hoog, drie ko­re, vyf so­lis­te en ’n ver­tel­ler.

Hy het sel­de sy werk as vol­tooid be­skou en ge­du­rig nu­we de­le by ou kom­po­si­sies ge­voeg. Sy Pool­se re­qui­em wat as ’n en­ke­le stuk, die La­cri­mo­sa, be­staan het en vir die in­hul­di­ging van die stand­beeld in G­dansk se skeeps­werf ná die teen­re­ge­rings­op­stan­de ge­skep is, het hy tot ’n groot­skaal­se mis uit­ge­brei. Dit is die eer­ste keer in 1984 uit­ge­voer, ver­der uit­ge­brei in 1993 en vir ’n uit­voe­ring in 2005 het hy nog ’n deel by­ge­voeg.

Pen­de­recki se mu­siek het al­tyd ’n don­ker en de­pri­me­ren­de on­der­toon, en tog was sy ge­aard­heid en per­soon­li­ke om­stan­dig­he­de die teen­oor­ge­stel­de. Hy was ’n wel­ge­stel­de man en het in ’n he­re­huis op ’n klein­hoe­we in Lu­tosla­wi­ce ge­woon, wat hy lief­de­rik as ’n bo­ta­nie­se tuin ont­wik­kel het.

Hy word oor­leef deur sy vrou van meer as 50 jaar, El­z­bie­ta, twee kin­ders, Lu­kasz en Do­mi­ni­ka, uit hul hu­we­lik en ’n dog­ter, Be­a­te, uit sy eer­ste hu­we­lik.

York Ti­mes, The Gu­ar­di­an

The New

S­tof­fel

Kr­zysz­tof Pen­de­recki voor die Kra­kow­sim­fo­nie­or­kes. Dié kom­po­nis-di­ri­gent is op 29 Maart in die ou­der­dom van 86 in sy ge­boor­te­land, Po­le, oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.