Deel­ti­tel­ske­mas ‘ver­ont­ag­saam en on­der­myn Grond­wet só’

Die Burger - - 5 - Mal­her­be Nie­na­ber

Die re­gu­la­sies van die staat van in­per­king is op al­mal van toe­pas­sing, of jy nou in ’n woon­stel, kom­pleks of deel­ti­tel­ske­ma woon.

Grant S­mee, be­stu­ren­de di­rek­teur van On­ly Re­al­ty en stig­ter van EPiC South A­fri­ca, het

Maan­dag in ’n ver­kla­ring daar­op ge­wys dat die om­bud vir ge­meen­skap­ske­mas en die po­li­sie aan­ge­dui het dat die re­gu­la­sies ook vir ge­meen­skap­ske­mas en huis­ei­e­naars­ver­e­ni­gings geld.

“Dit be­te­ken nie­mand be­hoort die om­trek van die woon­ei­en­dom te ver­laat nie, on­ge­ag wat jou kor­po­ra­tie­we lig­gaam sê.

Hoe­wel ons al­mal met ons hon­de sal wil gaan stap of ons kin­ders bui­te wil ver­maak, is die wet op ons ál­mal van toe­pas­sing,” het S­mee ge­sê.

S­mee sê hoe­wel hy nie ’n pro­ku­reur is of ’n ken­ner van die wet wat deel­ti­tels en huis­ei­e­naars­ver­e­ni­gings be­tref nie, het hy ’n “goeie be­grip van die kri­sis wat ons er­vaar”.

“Ter­wyl deel­ti­tel­ken­ners en pro­ku­reurs jou dalk mag ver­tel dat die re­gu­la­sies nie vir om­hein­de ge­meen­skap­pe geld nie, is die werk­lik­heid dat die re­gu­la­sies ver­der strek as jou reg tot vry­heid van be­we­ging, en die re­ge­ring het streng be­per­kings in­ge­stel – vir al­mal.”

S­mee waar­sku ook deel­ti­tel­ske­mas teen die ge­dag­te dat hul stem “tel”.

“Ek het al ge­hoor van huis­ei­e­naars wat stem oor die in­per­kings­re­gu­la­sies. Dit is ’n bla­tan­te ver­ont­ag­sa­ming en on­der­myn ons re­ge­ring, sa­me­le­wing en Grond­wet.”

In­ge­vol­ge die re­gu­la­sies wat ver­le­de maand in wer­king ge­tree het, word Suid-A­fri­ka­ners tot hul woon­plek in­ge­perk, ten­sy dit vir die le­we­ring van nood­saak­li­ke diens­te is of om nood­saak­li­ke goe­de­re en diens­te te ver­kry.

Daar­by word al­le by­een­koms­te ver­bied, be­hal­we be­graf­nis­se waar by­een­koms­te tot 50 men­se be­perk word.

In dié tyd word die le­we­ring van nood­saak­li­ke diens­te in woon­stel­ge­boue en kom­plek­se voort­ge­sit, maar ge­rie­we soos swem­bad­dens, braai­plek­ke, klub­hui­se en kan­to­re is ge­sluit.

Geen be­soe­kers word toe­ge­laat nie, be­hal­we vir nood­saak­li­ke en me­die­se diens­te of na­bye fa­mi­lie­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.