Eer­ste sneeu val by oord in Le­so­tho

Die Burger - - 7 - Ma­ri­ta Her­sel­man

De­le van die Dra­kens- en Ma­lu­ti­ber­ge was gis­ter­og­gend met ’n sneeu­la­ken be­dek na­dat ’n af­sny­laag Dins­dag oor die land in­be­weeg het.

Die per­so­neel van die A­friS­ki-oord in Le­so­tho, in die hart­jie van Dra­kens­berg-Ma­lu­ti­berg­reeks, is baie op­ge­won­de oor die sneeu.

Vol­gens Martin Schultz van A­friS­ki het dit Dins­dag om­streeks 19:00 daar be­gin sneeu.

“Vol­gens die voor­spel­ling sou 8 cm sneeu ge­val het. Ons het so­wat 5 cm ge­kry, wat steeds die he­le oord be­dek het. Dis die oord se eer­ste sneeu vir die jaar.”

Ke­vin In­gram van die SuidA­fri­kaan­se Weer­diens sê die sneeu­laag is nie baie dik nie en sou na ver­wag­ting bin­ne twee dae smelt.

Hy het ook nie ver­wag dat die sneeu die tem­pe­ra­tu­re baie sou raak nie.

“Dins­dag se af­sny­laag oor die land het wyd­ver­sprei­de re­ën­val oor die Vry­staat en de­le van Noord­wes en Gau­teng ge­bring. Soos die laag ge­vorm het, het dit die vries­vlak ver­laag. Dit het ver­oor­saak dat dit op som­mi­ge plek­ke sneeu pleks van re­ën.”

In­gram voor­sien nie dat nog sneeu bin­ne die vol­gen­de paar dae gaan val nie.

Die weer­diens kon weens die dig­te wolk­be­dek­king nie gis­ter­og­gend op die sa­tel­liet­fo­to’s sien of sneeu op die Drakensber­ge aan die Oos-Kaap se kant ge­val het nie.

Lui­dens be­rig­te het daar wel Dins­dag sneeu oor die Tif­fin­dell-ski-oord aan die sui­de­li­ke punt van die Drakensber­ge in dié pro­vin­sie ge­val.

Tem­pe­ra­tu­re in die sen­tra­le bin­ne­land het se­dert gis­ter ef­fens be­gin styg, maar dit sou steeds re­la­tief koel wees, ver­al in plek­ke in die Oos-Vry­staat wat aan die noor­de­li­ke deel van Le­so­tho grens.

In­gram het ge­sê die mak­si­mum tem­pe­ra­tuur in die OosVry­staat sal na ver­wag­ting tot Maan­dag nog on­der 22 °C bly.

In die res van die Vry­staat sal dit war­mer word, met tem­pe­ra­tu­re wat teen Sa­ter­dag ’n mak­si­mum van 23 °C of 24 °C kan be­reik.

In die om­ge­wing van Fau­re­smith is die ver­wag­te mak­si­mum tem­pe­ra­tuur 22 °C.

“In die Noord-Kaap gaan dit baie vin­nig baie warm word. Don­der­dag (van­dag) sal die tem­pe­ra­tu­re in die sui­de­li­ke de­le steeds warm wees, maar van Vry­dag (mô­re) af gaan dit baie war­mer word.

“In U­ping­ton sal die mak­si­mum tem­pe­ra­tuur Vry­dag (mô­re) bo 30 °C draai, in De Aar on­ge­veer 24 °C en teen Sa­ter­dag sal die mees­te plek­ke in die pro­vin­sie 26 °C haal, met ’n groot deel bo 30 °C.”

Die re­ën keer eers die na­week na die sen­tra­le bin­ne­land te­rug, waar dit hoof­saak­lik in die noor­de­li­ke de­le van die Vry­staat en Noord­wes sal val.

In­gram sê daar is ook ’n kans op re­ën Sa­ter­dag in die noord­oos­te­li­ke deel van die Noor­dKaap, wat Son­dag na die he­le noor­de­li­ke deel van die pro­vin­sie ver­sprei.

Die Vry­staat se kan­se op re­ën ver­min­der Son­dag.

Fo­to: MARTIN SCHULTZ, VER­SKAF

Die uit­sig gis­ter­og­gend oor die A­friS­ki-berg­oord in Le­so­tho wat met 'n sneeu­laag be­dek is.

Fo­to: VER­SKAF

Die sneeu het Dins­dag­aand by die A­friS­ki-oord in Le­so­tho be­gin val.

Fo­to: MARTIN SCHULTZ, VER­SKAF

Die y­si­ge to­neel gis­ter­og­gend by A­friS­ki in Le­so­tho.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.