Di­gi­ta­le ge­skie­de­nis kan help om hui­di­ge pro­ble­me op te los

Die Burger - - 9 - Jo­han Fou­rie

Op 28 Sep­tem­ber 1918 ver­trek ’n trein met sol­da­te uit Kaap­stad. Se­we van hier­die sol­da­te het op Qu­een­stown af­ge­klim, uit­ein­de­lik tuis ná die uit­mer­ge­lend­ste van oor­loë. Dit moes vir hier­die jong mans fan­tas­ties ge­wees het om hul fa­mi­lie en vrien­de weer te sien.

Min sou hul­le be­sef dat die don­ker­ste maand vir hul­le voor­lê: Swart Ok­to­ber. Wills Bu­nu sou waar­skyn­lik van hier­die te­rug­ke­ren­de sol­da­te ge­ken het. Bu­nu was 19 en het ge­woon in Ci­me­zi­le, ’n dis­trik suid van Qu­een­stown, waar hy saam met sy uit­ge­brei­de fa­mi­lie ge­boer het.

Net ná die sol­da­te se te­rug­keer, raak Bu­nu siek. En nie net hy nie, maar ook sy fa­mi­lie. Twee we­ke la­ter, op 10 Ok­to­ber, sterf die 25ja­ri­ge No­sa­mon Bu­nu, ’n aan­ge­trou­de fa­mi­lie­lid.

Twee dae la­ter, sterf die 17-ja­ri­ge A­dolp­hus Bu­nu ook, as­ook die 40-ja­ri­ge John Bu­nu. Nog twee dae la­ter, nog ’n aan­ge­trou­de fa­mi­lie­lid, No­ma­ven­gi Bu­nu. En ’n dag la­ter, die 20-ja­ri­ge T­ho­mi­sa Bu­nu. Vyf fa­mi­lie­le­de in vyf dae.

Wills Bu­nu het dit als be­leef, mag­te­loos en raad­op en self do­de­lik siek. Die hart­seer­ste moes die af­ster­we van sy drie­ja­ri­ge sus­sie, Ca­nyi­we, op 24 Ok­to­ber ge­wees het. Maar die siek­te het hom self ál meer af­ge­ta­kel. Twee dae la­ter is hy ook dood.

Die af­ge­lo­pe drie jaar tran­skri­beer ’n klein groe­pie na­vor­sings­as­sis­ten­te hier­die en soort­ge­ly­ke re­kords as deel van die Andrew Mel­lon Foun­da­ti­on-ge­fi­nan­sier­de Bi­o­grap­hy of an Un­char­ted Pe­op­le-pro­jek in die Ge­skie­de­nis­de­par­te­ment van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Die doel is om nu­we sta­tis­tie­se teg­nie­ke te kom­bi­neer met groot his­to­rie­se da­ta­stel­le – da­ta­stel­le soos hier­die sterf­te­re­kords – om sto­ries te ver­tel van men­se wat ti­pies geen an­der do­ku­men­te in die argief na­ge­laat het nie. Die sto­rie van Wills Bu­nu en sy fa­mi­lie is een so ’n voor­beeld.

Di­gi­ta­le ge­skie­de­nis is nie ’n nu­we ding nie. His­to­ri­ci is al se­dert die 1950’s be­wus van die voor­de­le om kwan­ti­ta­tie­we re­kords met kwa­li­ta­tie­we be­wy­se te kom­bi­neer.

Kwan­ti­ta­tie­we teg­nie­ke bin­ne die his­to­ri­o­gra­fie het ver­al ’n op­bloei in die 1960’s en ’70’s ge­had met die op­koms van re­ke­naars.

Ver­al in A­me­ri­ka het e­ko­no­me ál meer his­to­rie­se da­ta ge­bruik om oor in­te­res­san­te on­der­wer­pe na­vor­sing te doen, soos die pro­duk­ti­wi­teit van sla­wer­ny as ar­beid­stel­sel of die nood­saak­lik­heid van spoor­weë om die ge­wel­di­ge groei in die A­me­ri­kaan­se e­ko­no­mie te ver­dui­de­lik.

’n Kom­bi­na­sie van oor­en­toe­si­as­me van die da­ta-dis­si­pels en ’n sku­heid van die his­to­ri­ci om hier­die nu­we teg­nie­ke te be­mees­ter, het tot ’n in­sin­king in die veld in die 1980’s en ’90’s ge­lei.

E­ko­no­mie as vak­ge­bied het ál meer wis­kun­dig ge­word en die ge­skie­de­nis ver­geet, en his­to­ri­ci wat voor­heen in da­ta be­lang ge­stel het, was nou meer ge­neig om die ob­jek­ti­wi­teit van da­ta en an­der be­wys­stuk­ke te be­vraag­te­ken.

Hier­die skei­ding tus­sen da­ta en ge­skie­de­nis is eg­ter be­sig om te ver­an­der. Hoe­wel daar min SuidA­fri­kaan­se his­to­ri­ci is wat tans di­gi­ta­le ge­skie­de­nis ge­bruik, help die bi­o­gra­fie-pro­jek om hier­die op­win­den­de be­na­de­ring ook in Suid-A­fri­ka te ves­tig.

Dis be­lang­rik om ’n aan­tal re­des. Nie net be­rei dit ons gees­tes­we­ten­skap­stu­den­te voor vir ’n wê­reld vol da­ta nie, maar dit laat ons ge­skied­skry­wers toe om met hul in­ter­na­si­o­na­le e­we­knieë saam te ge­sels. By die kon­fe­ren­sie van die A­me­ri­kaan­se His­to­rie­se Ver­e­ni­ging vroeg in 2020, is ’n he­le dag op­sy­ge­sit vir be­spre­king van di­gi­ta­le ge­skie­de­nis­teg­nie­ke.

Soos ’n aan­tal his­to­ri­ci daar be­klem­toon het, help hier­die teg­nie­ke ons om hi­po­te­ses oor die ver­le­de aan die hand van nu­we be­wy­se te toets – en nu­we fei­te te i­den­ti­fi­seer wat ons dalk nie in an­der bron­ne kon vind nie. Dit ver­breed en ver­diep ons ken­nis.

So, by­voor­beeld, sou die ka­ri­ge re­kords wat be­skik­baar is oor die Bu­nu-fa­mi­lie hul sto­rie on­ge­kar­teer ge­laat het. Die tran­skrip­sie van hul­le en dui­sen­de an­der sterf­ge­val­le gee ons eg­ter ’n blik op die le­wens van men­se wat ti­pies nooit in die ar­gie­we sou op­ein­dig nie.

Hier­die re­kords ver­tel nie net die Bu­nus se sto­rie nie, maar kan ook bre­ër ten­den­se uit­lig, ten­den­se wat ons nie net meer oor die ge­skie­de­nis leer nie, maar les­se wat ook help om van­dag se pro­ble­me te pak.

Die S­paan­se Griep is ’n goeie voor­beeld. Fi­guur 1 toon die griep­sterf­tes vir Swart Ok­to­ber in Qu­een­stown. Die y-af­snit gee die ou­der­dom van el­ke sterf­ge­val en die kleur van die kol­le­tjies on­der­skei tus­sen mans en vroue. Die eer­ste ding wat mens op­val is hoe­veel jong men­se ge­sterf het.

An­ders as Co­vid-19, het die S­paan­se Griep meest­al die jon­ges en wer­ken­des ge­tref. Dit was om­dat die griep tot ’n oor­re­ak­sie van die im­mu­ni­teit­stel­sel aan­lei­ding ge­gee het. In die era voor an­ti­bi­o­ti­ka, was dit do­de­lik.

Die groot hoe­veel­heid sterf­tes in Qu­een­stown kan ook op ’n an­der ma­nier voor­ge­stel word, ’n

ma­nier wat dalk meer be­kend is vir ons van­dag.

Fi­guur 2 skets die ku­mu­la­tie­we sterf­ge­val­le van agt dor­pe in die Kaap­pro­vin­sie vir Ok­to­ber en No­vem­ber 1918. Hier­die af­plat­ten­de kur­wes toon hoe ver­skil­lend die siek­te ver­sprei het tus­sen stre­ke: In Qu­een­stown, waar Wills Bu­nu op 26 Ok­to­ber oor­le­de is, het die siek­te toe reeds die kruin van die kur­we be­reik.

Daar­en­teen het Oudts­hoorn nog nie teen ein­de No­vem­ber die kruin be­reik nie. Ku­ru­man het self ’n vreem­de tra­jek ge­had.

Hier­die soort in­lig­ting kan van on­skat­ba­re waar­de wees. As dit op die reg­te ma­nier ont­leed word, kan dit ons toe­laat om die fak­to­re te be­paal wat die tyds­be­re­ke­ning en in­ten­si­teit van die siek­te die bes­te ver­dui­de­lik.

So, by­voor­beeld, lyk dit as­of die

siek­te met die te­rug­ke­ren­de sol­da­te langs die trein­spoor ver­sprei het, maar dat dit nie voor­spel hoe­veel men­se in el­ke dorp sou sterf nie. Wat ons tot dus­ver kan ag­ter­kom, is dat be­vol­kings­digt­heid, soos mens sou ver­wag, een be­lang­ri­ke fak­tor is.

Maar daar is an­der goed wat ons ook laat kop­krap: In som­mi­ge dor­pe, soos Ku­ru­man, Ma­fe­king en Vry­burg, is die sterf­te­koer­se ver­al hoog on­der mans, ter­wyl in die dor­pe in die Oos-Kaap, is dit ver­al hoog on­der vroue.

Na­tuur­lik is die sterf­te­re­kords nie son­der pro­ble­me nie. Ver­moe­de­lik is daar baie meer men­se wat ge­sterf het, maar wie se dood net nooit aan­ge­meld is nie.

Dit is ver­al ’n moont­lik­heid in die Oos-Kaap­se dor­pe, waar die sterf­te­sy­fers wat ons be­re­ken la­er is as die amp­te­li­ke sterf­te­sy­fers wat ná die e­pi­de­mie ge­pu­bli­seer

is. Die his­to­ri­kus Ho­ward P­hil­lips glo selfs hier­die sy­fers is te laag.

Net soos met e­ni­ge bron, ver­eis kwan­ti­ta­tie­we re­kords dat mens ver­sig­tig moet wees vir die sy­dig­heid van die re­kords.

Dit is no­dig om te vra: Hoe­kom is daar re­kord ge­hou, wie is in­ge­sluit en wie nie, wie het die re­kords aan­ge­te­ken en wat was hul­le voor­oor­de­le, en wat is die kans dat men­se ver­keer­de in­lig­ting (per a­buis of dalk nie) ge­gee het?

Laat ek een voor­beeld gee: Die sterf­te­re­kords ver­eis dat die siek­te­tyd­perk ook neer­ge­skryf word.

Ons vind dat daar va­ri­a­sie is tus­sen die siek­te­tyd­perk van swart in­wo­ners e­ner­syds, en bruin en wit in­wo­ners an­der­syds.

Dit wil voor­kom as­of dok­ters of ver­pleeg­sters som­mer hul eie neus ge­volg het toe hul­le hier­die vraag in­ge­vul het, eer­der as om werk­lik die in­lig­ting van die naas­be­staan­de neer te skryf.

In­dien mens nie hier­die sy­dig­he­de in ag neem nie, kan e­ni­ge ont­le­ding van die da­ta vin­nig skeef­loop. Wills Bu­nu en sy fa­mi­lie se tra­gie­se Ok­to­ber mag nie ver­niet wees nie.

Die sterf­te­re­kords wat be­waar ge­bly het en die ont­le­ding daar­van kan ons help om te leer uit die ver­le­de.

Ons ver­staan al klaar be­ter hoe die S­paan­se Griep dui­sen­de le­wens ver­woes het, maar die da­ta vra ook ewe veel nu­we vrae wat ons van­dag kan help.

Een so ’n vraag is oor wan­di­ag­no­se.

Ons vind nie net dat die amp­te­li­ke sterf­te­koer­se en ons re­kords be­dui­dend van me­kaar ver­skil nie, maar ons vind ook dat siek­tes wat ge­woon­lik ’n sterk sei­soe­na­le pa­troon volg – siek­tes soos di­ar­ree en ti­fus – nie so sterk is ty­dens 1918 nie.

Dit ve­ron­der­stel dat daar ’n wis­sel­wer­king tus­sen die S­paan­se Griep en an­der siek­tes is wat meer aan­dag ver­eis.

Ons vind ook dat die mees weer­lo­se men­se ’n ho­ër sterf­te­koers ge­had het. Maar dis nie net so een­vou­dig nie: Daar was ook baie dor­pe waar die mees weer­lo­ses nie swaar on­der die siek­te ge­buk ge­gaan het nie. Dis ons taak om uit te vind hoe­kom.

In som­mi­ge dor­pe, soos Si­mon­stad, het die siek­te baie vin­nig ver­sprei en vin­nig ’n pla­to be­reik, ter­wyl dit in an­der dor­pe ’n lang, uit­ge­rek­te sto­rie was. Dit dui daar­op dat daar ’n ver­skil in die re­ak­sie van die o­wer­he­de was.

Nu­we in­lig­ting wat nou uit koe­ran­te ver­sa­mel word, toon dat dit in­der­daad die ge­val was.

Soos ons meer van hier­die dor­pe se sterf­te­re­kords tran­skri­beer en meer kwa­li­ta­tie­we in­lig­ting in­sa­mel wat ons da­ta kom­ple­men­teer, gaan ons na­der aan die ant­woord kom oor wat­ter o­wer­heids­in­gry­ping die sin­vol­ste was.

En hoe han­dig sal dié in­lig­ting nie wees vir ons van­dag nie?

■ Jo­na­than Jay­es, ’n mees­ter­stu­dent in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US), het ge­help met die na­vor­sing.

■ Fou­rie is me­de­pro­fes­sor in e­ko­no­mie en ge­skie­de­nis aan die US.

DIé skets van Die Bur­ger se spot­prent­kuns­te­naar D.C. Boon­zai­er het op 16 Ok­to­ber 1918 ver­skyn. Die twee­de golf van die 1918-griep was do­de­lik en het in Sep­tem­ber in Suid-A­fri­ka aan­ge­kom. Der­dui­sen­de men­se hier het siek ge­word en die mees­te is in Swart Ok­to­ber dood.

Fi­guur 1: Die griep­sterf­tes vir Swart Ok­to­ber in Qu­een­stown.

Fi­guur 2: Hier word die ku­mu­la­tie­we sterf­ge­val­le van agt dor­pe in die Kaap­pro­vin­sie vir Ok­to­ber en No­vem­ber 1918 ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.