Gord­han, vak­bon­de wil SAL laat her­rys

Die Burger - - 13 - Fran­cois Wil­li­ams

Die sa­ke­red­dings­prak­ti­syns van die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) is ge­vra om in te stem om nie ’n aan­soek om li­kwi­da­sie vir die SAL in te dien nie – dis nou as ’n ver­kla­ring van die de­par­te­ment van o­pen­ba­re on­der­ne­mings wat die na­week uit­ge­stuur is kor­rek is.

Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het Sa­ter­dag­og­gend weer met vak­bon­de en werk­ne­mer­ver­teen­woor­di­gers van die SAL as­ook top­re­ge­rings­lei­ers ver­ga­der, lui­dens die de­par­te­ment se ver­kla­ring.

Vol­gens Gord­han is die sa­ke­red­ders ook ge­vra om die her­struk­tu­re­rings­pro­ses in­ge­vol­ge art. 189 van die Wet op Ba­sie­se Diens­voor­waar­des op te skort. Die SAL het net ge­noeg geld om nog vir A­pril sa­la­ris­se te be­taal. Die re­ge­ring gaan geen ver­de­re geld gee nie.

Maar Alf Lees, DA-lid van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge, glo die sa­ke­red­ders moet in­ge­vol­ge die voor­skrif­te van die Maat­skap­py­e­wet op­tree en hul werk af­han­del.

Les Ma­tu­son en Si­vi­we Dong­wa­na, die sa­ke­red­ders, het ver­le­de week aan­ge­dui hul e­nig­ste op­sies is ’n be­heer­de slui­ting van die SAL, waar­in werk­ne­mers ’n uit­tree­pak­ket kan ont­vang, of ’n li­kwi­da­sie, waar die werk­ne­mers in ’n swak­ker po­si­sie sal wees.

Lees sê hy ver­neem die sa­ke­red­dings­pro­ses kos die re­ge­ring ge­mid­deld R60 mil­joen per maand. Hy glo die li­kwi­da­sie van die SAL is on­af­wend­baar en e­ni­ge uit­stel van die pro­ses sal die kos­te van die sa­ke­red­ding ver­hoog.

Gord­han is in­tus­sen eg­ter be­sig met ’n pro­ses ge­naamd die “raad­ple­gen­de lei­er­skaps­fo­rum” waar­van hy die voor­sit­ter is. Die doel is ’n “nu­we ge­deel­de vi­sie, stra­te­gie­se doel­wit­te, struk­tu­re en pro­ses­se vir be­te­ke­nis­vol­le be­trok­ken­heid, stra­te­gie­se aan­de­le­ven­no­te in­slui­tend werk­ne­mers om ’n nu­we, fun­da­men­teel an­ders sa­me­wer­ken­de ver­hou­ding te bou ge­grond op die gees van stra­te­gie­se ven­noot­skap­pe”.

Die re­ge­ring en die vak­bon­de wil ’n “na­si­o­na­le ba­te bou wat in­ter­na­si­o­naal me­de­din­gend, le­wens­vat­baar, vol­hou­baar en wins­ge­wend is”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.