Arts be­ëin­dig eie le­we oor vi­rus

Die Burger - - 5 - – BBC, CBS, Sky News

’n New York­se dok­ter wat “in die loop­graaf” teen Co­vid-19 was en ook die siek­te op­ge­doen het, het haar eie le­we be­ëin­dig.

Dr. Lor­na B­reen (49) was me­die­se di­rek­teur van die on­ge­val­le-af­de­ling by die New Yor­kP­res­by­te­ri­an Al­lan-hos­pi­taal.

Vol­gens die po­li­sie is sy Son­dag dood aan “won­de wat self toe­ge­dien is”. Haar pa, dr. P­hil­lip B­reen, sê sy “het haar werk pro­beer doen en dit het haar le­we ge­kos”.

Vol­gens hom het sy dog­ter geen ge­skie­de­nis van gees­tes­on­ge­steld­heid ge­had nie.

So­wat 17 500 van die meer as 56 000 Co­vid-19-sterf­ge­val­le in die VSA het in New York voor­ge­kom. Meer as 300 000 New Yor­kers is tot dus­ver met die vi­rus be­smet.

B­reen jr. het ná an­der­half week se her­stel na haar werk te­rug­ge­keer. Die hos­pi­taal het haar toe te­rug­ge­stuur huis toe en haar ge­sins­le­de het haar oor­reed om by fa­mi­lie in Vi­r­gi­nië aan te sterk. Sy is daar dood.

B­reen sr. sê sy dog­ter het aan hom ver­tel hoe slag­of­fers van die siek­te soms dood is nog voor­dat hul­le uit am­bu­lan­se ge­haal kon word. Tien­tal­le pa­si­ën­te is dood in die hos­pi­taal waar sy ge­werk het.

“Sy was waar­lik in die loop­graaf in die voor­ste li­nie,” sê hy. “Maak se­ker sy word uit­ge­beeld as ’n hel­din. Sy is ’n slag­of­fer net soos e­ni­ge an­der per­soon wat dood is.”

Die hos­pi­taal het B­reen jr. in ’n ver­kla­ring ge­loof en sê sy het “die hoog­ste i­de­a­le van die ge­nees­kun­de na die uit­da­gen­de front van die on­ge­val­le­saal ge­bring”.

Die po­li­sie­de­par­te­ment van C­har­lot­tes­vil­le het ook aan haar hul­de ge­bring. “Ge­sond­heids­wer­kers in die voor­ste li­nie en eer­ste-re­ak­sie­span­ne is nie im­muun teen die fi­sie­ke en gees­te­li­ke uit­wer­king van die pan­de­mie nie,” sê RaS­hall Brackney, po­li­sie­hoof.

“Hier­die men­se werk reeds on­der die stres­vol­ste om­stan­dig­he­de en die ko­ro­na­vi­rus ver­oor­saak by­ko­men­de druk.”

Dr. Lor­na B­reen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.