Bra Fiks en die fan­tas­tie­se sy­fers

Die Burger - - 12 - ’n Haas­ti­ge hor­lo­sie

As daar ’n mor­bie­de sil­wer rand by die hui­di­ge staat van in­per­king kan wees, is dit se­ker­lik dat die land se pad­sterf­te­koers dra­ma­ties af­ge­neem het.

So het K­nor­moer on­der meer ge­sien dat oor die Paas­na­week daar slegs 28 mo­to­ris­te in on­ge­luk­ke oor die land heen ge­sterf het. Dit nou in ’n pe­ri­o­de wat tra­di­si­o­neel ’n be­we­gen­de bloed­bad in die land is.

Maar laat ons nug­ter hier­na kyk. Hoe op dees aar­de is dit moont­lik dat ’n mens steeds ’n nood­lot­ti­ge on­ge­luk kan be­gaan in hier­die tyd wat daar feit­lik geen voer­tuie op die paaie is nie? K­nor­moer is uit­ge­boul.

Wel, ook net tot­dat jy die ge­ge­wens ’n bie­tjie van na­der be­skou. Daar is twee ten­den­se wat stryk­deur voor­kom: Bot­sings reg van voor, en mi­ni­bus­taxi’s. Soms is al­bei teen­woor­dig. Wag, daar’s ’n der­de tra­gie­se goue draad in die sy­fers: Voet­gan­gers.

Die mi­nis­ter van ver­voer, Fi­ki­le M­ba­lu­la, is nog snoep met die spe­si­fie­ke in­lig­ting. Maar K­nor­moer sal sy laas­te ses­pak daar­op ver­wed dat voet­gan­gers meer as ’n der­de van die pad­sterf­te­sy­fer uit­ge­maak het.

Die an­der saak is bot­sings reg van voor. K­nor­moer noem dit bot­sings, en nie on­ge­luk­ke nie. Want as jy reg van voor teen ie­mand vas­ry – met ’n sper­streep op die pad – is die kans groot dat jy roe­ke­loos be­stuur het.

Roe­ke­loos is maar ’n mooi woord vir “kan­se waag” en “die wet oor­tree”.

Net voor die Paas­na­week was daar ’n taxi wat in die Oos-Kaap in ’n bus vas­ge­ry het. Reg van voor. 25 van die 16 in­sit­ten­des is dood.

In die Bo­land het ’n vrag­mo­tor wat plaas­wer­kers ver­voer het, op die N1-snel­weg by De Doorns reg van voor teen ’n vrag­mo­tor vas­ge­ry. Ses wer­kers is dood. ’n Vak­bond het vin­nig die gaping ge­gryp en ge­ïn­si­nu­eer dat dit die plaas­boe­re se skuld is om­dat hul­le hul wer­kers in on­vei­li­ge toe­stan­de ver­voer.

K­nor­moer re­ken ons fo­kus moet eer­der op on­ver­ant­woor­de­li­ke be­stuur­ders wees. Men­se steek ge­reeld op ’n so­lie­de sper­streep an­der voer­tuie ver­by. ’n Vol­ge­laai­de taxi of vrag­mo­tor het nie die ver­by­steekspoed van ’n se­dan nie.

Swak be­grip van oor­saak en ge­volg kan nie voor die deur van bui­te­par­tye ge­lê word nie.

Ons, die mi­nis­ter en die vak­bon­de, moet hand in eie boe­sem steek en be­stuur­ders van o­pen­ba­re ver­voer be­hoor­lik op­lei. Daar­mee saam moet daar sig­ba­re po­li­si­ë­ring wees, en ef­fek­tie­we ver­vol­ging.

As ons nie leer uit her­ha­len­de pa­tro­ne nie, het ons nie re­de om kwaad te raak nie.

Wat gee jy die man wat reeds als het? ’n Hor­lo­sie in die vorm van ’n Bu­gat­ti­en­jin.

Net soos met men­se is K­nor­moer ge­fas­si­neer deur die re­ak­sie op die Co­vid-19-pan­de­mie deur re­ge­rings en maat­skap­pye.

Op so­si­a­le web­wer­we woed die ar­gu­men­te tus­sen ’n vroeë op­hef­fing van die hui­di­ge be­per­kings, of ’n ver­len­ging daar­van.

Maat­skap­pye wil ver­staan­baar so gou moont­lik weer aan die werk spring. Maar daar­voor het jy die be­vol­king se mo­bi­li­teit no­dig (om by die win­kel uit te kom), en win­kels wat oop is.

Mo­tor­groe­pe sit met ’n ver­de­re kop­seer. Ter­wyl Volks­wa­gen nog sy fa­brie­ke ge­sluit moet hou in Duits­land, maak sy groot C­hi­ne­se mark al­reeds oop. Maar sy fa­brie­ke in C­hi­na is af­hank­lik van on­der­de­le wat in Duits­land ge­bou word.

Dis ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie en die me­die­se oog­punt is baie be­perk wat dit be­tref. Kom ons hoop ’n goue mid­de­weg en koel kop­pe se­ë­vier bin­ne­kort.

Wat gee jy die man wat reeds als in die le­we het? Mak­lik, ’n hor­lo­sie in die vorm van ’n Bu­gat­ti­en­jin. Die nu­we Ja­cob & Co. Bu­gat­ti C­hi­ron Tour­bil­lon-tyd­me­ga­nis­me het ’n mi­ni­a­tuur Bu­gat­ti W16-en­jin – be­staan­de uit 578 deel­tjies – met sui­ers en vier tur­bo’s wat als be­weeg.

K­nor­moer dink dit was nog nooit so lek­ker om te sien hoe laat jy al is nie.

Met am­per 600 deel­tjies be­weeg hier­die mi­ni­a­tuur­Bu­gat­ti­en­jin nes die wa­re 8.0­li­ter­Ja­kob. Koel­ste as­pek? Die brand­stof­naald dui bat­te­ry­le­we aan. Ko­ro­na maak ei­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.