Co­vid-19 sal sok­ker ‘nog ja­re lank be­ïn­vloed’

Die Burger - - 15 -

Sok­ker se in­ter­na­si­o­na­le ka­len­der kan nog “twee of drie jaar” die ge­vol­ge van die wê­reld­wye Co­vid-19-kri­sis voel en dit het die po­ten­si­aal om ook 2022 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi te be­in­vloed.

So voor­spel Lars-Chris­ter Ols­son, ’n uit­voe­ren­de lid van Ue­fa, Eu­ro­pe­se sok­ker se be­heer­lig­gaam.

Die ko­ro­na­vi­rus het cha­os ge­saai in die sok­ker­wê­reld deur­dat toer­nooie en li­gas tot stil­stand ge­knars het. Die Eu­ro2020-toer­nooi, wat in Ju­lie sou plaas­vind, is tot vol­gen­de jaar uit­ge­stel. Die WB-toer­nooi is ver­on­der­stel om van 21 No­vem­ber tot 18 De­sem­ber 2022 in Ka­tar plaas te vind.

Ols­son meen die in­ter­na­si­o­na­le pro­gram sal nog drie jaar lank deur die pan­de­mie ge­raak word.

“As die vi­rus ver­der ont­wik­kel en ver­sprei, gaan ons be­slis ’n groot pro­bleem met die ka­len­der hê.

“As kom­pe­ti­sies van die een jaar na die vol­gen­de ge­skuif word . . . dan kom die WB-toer­nooi in die mid­del van die Eu­ro­pe­se sei­soen en jy moet nog plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le toer­nooie ook in­pas.”

Vol­gens Ols­son wil Ue­fa die Kam­pi­oe­neen die Eu­ro­pa-li­gas in Au­gus­tus pro­beer af­han­del.

“Dit sal goed wees as dít kan ge­beur. Ons kan die in­te­gri­teit van die laas­te fa­se van die hui­di­ge sei­soen be­hou.”

Die Kam­pi­oe­ne­li­ga is in Maart op­ge­skort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.