Pe­trol en die­sel is nou goed­koop­ste in by­na vier jaar

Die Burger - - 1 - – Han­lie S­tad­ler

Die fi­na­le brand­stof­pry­se vir Mei is pas be­kend ge­maak – en dis goeie nuus, al mag jy nie ver ry in vlak 4 van die na­si­o­na­le in­per­king nie.

Al­le soor­te brand­stof word met ’n ste­wi­ge be­drag goed­ko­per. Só daal pry­se:

Pe­trol (al­le gra­de): R1,73 per li­ter; Die­sel met 0,05% swa­el: R1,61 per li­ter;

Die­sel met 0,005% swa­el: R1,56 per li­ter;

Pa­raf­fien: R2,97 per li­ter; en Gas: R2,62 per ki­lo­gram.

Al die da­lings, met die uit­son­de­ring van die­sel, is dít wat mo­to­ris­te aan hul sak sal voel – dis die klein­han­del­pry­se. Die da­ling in die die­sel­prys is vir die groot­han­del­prys. Die klein­han­del­prys van die­sel word nie ge­re­gu­leer nie.

Die pry­se word op Woens­dag 6 Mei van krag. Vul­sta­sies is oop ty­dens die staat van in­per­king.

Die da­lings be­te­ken pe­trol is by­na so goed­koop soos in Sep­tem­ber 2016 en die­sel soos in De­sem­ber 2016 – by­na vier jaar ge­le­de.

Die da­ling is ook goeie nuus vir ver­voer­maat­skap­pye en boe­re, en be­te­ken ver­voer­kos­te sal nie die kos, kle­re, kom­ber­se, ver­war­mers, skryf­be­hoef­tes en ys­ter­wa­re wat ver­brui­kers nou mag koop duur­der maak nie. An­der fak­to­re wat deur die Co­vid-19-pan­de­mie ver­oor­saak word, soos pro­ble­me met in­ter­na­si­o­na­le ver­skaf­fings­ket­tings, kan dalk wel pry­se op­druk.

Twee fak­to­re be­paal Suid-A­fri­ka se brand­stof­pry­se: in­ter­na­si­o­na­le o­li­een brand­stof­pry­se en die rand-dol­lar­wis­sel­koers. In­ter­na­si­o­na­le o­lie­pry­se het die af­ge­lo­pe ruk in duie ge­stort om­dat die vraag na brand­stof te mid­de van Co­vid-19-in­per­kings so skerp ge­daal het. Die rand het die po­ten­si­ë­le da­ling weens la­er o­lie­pry­se teen­ge­werk. Die rand was in die oor­sig­tyd vir Mei se pry­se (27 Maart tot 29 A­pril) ge­mid­deld R18,48 per dol­lar, teen­oor R16,43 in die vo­ri­ge oor­sig­tyd.

Dit is die vyf­de op­een­vol­gen­de maand dat pe­trol goed­ko­per word en die vier­de maand vir die­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.