Dan­kie vir dié vry­heid, maar mas­kers pla

Die Burger - - 3 - Ma­re­li­ze Bar­nard Le­sers­fo­to: BEN VAN RENSBURG

Twee ti­pes oe­fe­ning het gis­ter­og­gend se nu­we vlak 4-vry­heid ge­ken­merk. Eers is die be­ne ge­rek toe al­mal kon gaan draf, stap of fiets­ry, en toe het die vin­gers ge­wik­kel met al­mal wat hul nuut­ge­von­de vry­heid op so­si­a­le me­dia ge­deel het.

Van die draw­wers kla dat dit moei­lik is met mas­kers en ’n bril. ’n Mens se brilk wa­sem toe. Maar haal jy die mas­ker af, oor­tree jy die re­gu­la­sies.

An­der het juis ge­kla dat daar tal­le men­se is wat glad nie mas­kers dra nie of dit af­ge­skuif het en dit om hul nek ge­had het.

Jaco Marais, fo­to­graaf vir Net­werk24, sê op die See­punt­pro­me­na­de het men­se son­der mas­kers ge­vloek wan­neer hul­le af­ge­neem word.

Om ’n ge­son­de af­stand te hand­haaf, was ook ’n pro­bleem.

Daar was men­se op fiet­se, skaats­plan­ke, draw­wers en stap­pers, en selfs ’n vrou wat soos ’n een­ho­ring aan­ge­trek het vir die pret.

A­dri­an de Kock, vi­de­o­graaf van Net­werk24, sê by Blou­berg­strand was daar hon­der­de men­se, maar om 09:00 was hul­le weg. “’n Mens kan sien dat men­se bang is om re­gu­la­sies te oor­tree.”

Daar was groot ge­tal­le wets­toe­pas­sers van die Kaap­stad­se me­tro en om 09:00 het hul­le op hul pa­trol­lie­voer­tuig se luid­spre­kers aan­ge­kon­dig die­ge­ne wat nog rond­dren­tel, moet nou die ge­bied ont­ruim.

Ve­ral die hon­de was bal­da­dig. Selfs die klein­ste hond­jies het te­ke­re ge­gaan en ge­blaf.

In een ge­val het be­amp­tes met ’n man ge­praat wat met sy bran­der­plank uit die see ge­kom het. Hy het ge­sê dit is sy kul­tuur om bran­der­plank te ry. Hy is nie in heg­te­nis ge­neem nie.

Bran­der­plank­ry­ers het ook in hor­des by Kom­me­tjie in die see in­ge­gaan en op In­sta­gram ge­kla om­dat wets­toe­pas­sers hul­le uit die wa­ter ge­jaag het.

Ben van Rensburg, ’n in­wo­ner van die S­trand, sê daar was hon­der­de men­se wat langs Kus­weg op die S­trand­pro­me­na­de en ook selfs in die straat ge­stap en ge­draf het.

Hy het nie e­ni­ge wets­toe­pas­sers ge­sien nie, maar kort ná 09:00 het die men­se self te­rug­ge­keer na hul hui­se.

“Dit was soos vo­ëls wat uit ’n kou­tjie ge­laat is.

“Dit was ’n ab­so­luut won­der­li­ke at­mos­feer,” vol­gens Van Rensburg.

Vry­dag­og­gend in die S­trand het hon­der­de men­se tus­sen 06:00 en 09:00 gaan oe­fen.

Fo­to: WWW.FA­CE­BOOK.COM/HEART104.9FM/

Op die ra­di­o­sta­sie He­ar­tFM se Fa­ce­book­blad het men­se ge­kla dat daar nie ge­hou is by vei­li­ge af­stan­de van me­kaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.