Ca­peNa­tu­re wys nu­we Ko­gel­berg-een­he­de

Die Burger - - 3 -

Ca­peNa­tu­re het fo­to’s van sy nu­we woon­een­he­de in die Ko­gel­berg-na­tuur­re­ser­vaat be­kend ge­stel en sê hy sien daar­na uit om be­soe­kers ná die in­per­king weer hier te ver­wel­kom.

Die na­tuur­re­ser­vaat is deel van die Ko­gel­berg­bi­o­sfeer­re­ser­vaat, ’n U­nes­co-wê­reld­er­fe­nis­ter­rein wat deel is van die Kaap­se blom­me­ryk.

Ca­peNa­tu­re sê na­dat die Ko­gel­berg-na­tuur­re­ser­vaat pry­se vir ont­werp en vol­hou­baar­heid ont­vang het, is daar aan­be­weeg na die bin­nens­hui­se de­kor van een­he­de in die re­ser­vaat, in sa­me­wer­king met die Craft and De­sign In­s­ti­tu­te (CDI).

Die CDI is lui­dens ’n ver­kla­ring ’n maat­skap­py son­der wins­be­jag wat die af­ge­lo­pe 19 jaar be­trok­ke is by die ont­wik­ke­ling van kre­a­tie­we men­se, as­ook klein, me­di­um- en mi­kro-on­der­ne­mings en die kuns- en ont­werp­be­dryf in Suid-A­fri­ka.

Ne­ge nu­we een­he­de is in die re­ser­vaat ge­bou. Dit is die een­slaap­ka­mer- Pal­miet-a­tel­jee, vyf een­he­de met slaap­plek vir twee men­se en drie een­he­de met slaap­plek vir ses. Een van die een­he­de is ge­bou vir toe­gang deur men­se met ge­stremd­he­de. ’n T­wee­de e­ko­swem­bad is ook ge­bou. en dit dien as ’n ge­slo­te ver­len­ging van die Pal­mie­t­ri­vier.

Geen che­mie­se mid­dels word ge­bruik vir die swem­bad se in­stand­hou­ding nie en die wa­ter word op ’n na­tuur­li­ke wy­se deur die pal­miet­plan­te ge­fil­ter wat na­tuur­lik in die ge­bied voor­kom. Dit is ook die plant wat die ri­vier sy bruin kleur gee.

By­ko­mend gaan op­knap­pings ge­doen word by Gar­skraal en die riet­dak­hui­se by Al­ge­ria in die Ce­der­berg-wil­der­nis, die vier­slaap­ka­mer-Hang­klip­huis by Bro­die Link in P­rin­gle­baai (ook deel van die Ko­gel­berg-na­tuur­re­ser­vaat); as­ook die om­skep­ping van ’n ou kel­der in ’n groen kon­fe­ren­sie­sen­trum in die Vro­li­jk­heid-na­tuur­re­ser­vaat.

Vol­gens dr. Ra­zeena O­mar, Ca­peNa­tu­re se uit­voe­ren­de hoof, sien Ca­peNa­tu­re daar­na uit om men­se ná die in­per­king in die re­ser­va­te te­rug te ver­wel­kom wan­neer da­tums vir die o­pe­ning van be­spre­kings aan­ge­kon­dig sal word.

’n Slaap­ka­mer in een van die woon­een­he­de wat nog mooi­ge­maak word in die Ko­gel­berg­na­tuur­re­ser­vaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.